Terug na bo

Senior Fase en VOO-studie

Die Departement Senior Fase en Verdere Onderwys en Opleidingstudie (Departement SFV) is verantwoordelik vir die spesialiseringsopleiding van voornemende hoërskoolonderwysers. Die drie spesialiseringsrigtings wat aangebied word, is Tale, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en Natuurwetenskappe.

Hierdie departement bestaan uit twee verskillende programme.

Die Senior Fase en Verdere Onderwys en Opleiding (SF en VOO) is ʼn BEd-graadkwalifikasie van vier jaar en is gerig op die kennis, onderrigvaardighede, opleiding en vorming van die student as Christenonderwyser vir leerders vanaf graad 7 tot 12.

Die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS) is ʼn nagraadse onderwyssertifikaat waarin reeds gegradueerde vakkenners in die opvoedkunde en metodologie opgelei word om as Christenonderwysers leerders vanaf graad 7 tot 12 te onderrig.

Studente in beide hierdie programme word opgelei om ná die voltooiing van hul studie as volwaardige onderwysers ʼn verskil in die lewens van hoërskoolleerders te maak, wat nie net op vakkennis betrekking het nie, maar ook op die begeleiding van leerders ten opsigte van die vorming van hul geloof, waardes en ʼn Christelike lewens- en wêreldbeskouing.