Brosjure BA Honneurs in Christelike Filosofie
Vanaf 2026 brei Aros sy akademiese aanbod uit tot buite die onderwysveld met die bekendstelling van die BA Honneurs in Christelike Filosofie.
Hierdie unieke program rus studente toe met ‘n diepgaande en kritiese begrip van filosofie deur ‘n Christelike lens. Dit ondersoek temas, idees en konsepte binne die Christelike filosofie, terwyl dit ook ander toepaslike filosofieë in die Suid-Afrikaanse konteks onder die loep neem.
Studente ontwikkel gevorderde navorsingsvaardighede en leer hoe ‘n Christelike denkwyse ‘n betekenisvolle verskil in vandag se kultuur en samelewing kan maak.
Besoek die Aros-webtuiste vir meer inligting by www.aros.ac.za.
Aansoeke open Maandag, 20 Oktober 2025 en sluit 1 Desember 2025 vir studie in 2026.
Vanaf 2026 brei Aros sy akademiese aanbod verder uit: Studente wat BEd in Senior Fase en Verdere Onderwys en Opleiding studeer, sal nou ook die geleentheid hê om Ingenieursgrafika en -ontwerp (IGO) as vak te kies. Hierdie toevoeging stel Aros in staat om toekomstige onderwysers op te lei wat in hierdie belangrike en kreatiewe vakgebied ‘n verskil sal kan maak.
Studentelewe: Aros het 'n eiesoortige studentelewe aangesien ons 'n gekombineerde model gebruik. Aros wil graag aan studente die geleentheid bied om vervulling en geluk in hul studentejare te beleef. Elke student moet aan die einde van sy of haar studie kan sê: "Dit is 'n fees om 'n Arrie te wees!" Kontak Studentesake: maretha.lubbe@aros.ac.za
Kampus: Besembiesieweg 1037, Montanapark, Pretoria.
T 012 332 3227 / 012 035 0040
E Algemene inligting: info@aros.ac.za
E Studie by Aros: hallo@aros.ac.za
Suid-Kaap: Courtnaystraat 21, George.
E Dr Francois Joubert: francois.joubert@aros.ac.za