Aros aansoeke

VOOR JY AANSOEK DOEN

  1. Aansoeke vir 2024 open 1 April 2023 en sluit 31 Oktober 2023.  
  2. MAAK SEKER dat jy bewus is van alle belangrike inligting rondom die kurrikulums wat Aros aanbied.  Kliek hier vir die Prospektus.
  3. Laai die volgende DOKUMENTE op nadat die aansoek voltooi is:
    • GESERTIFISEERDE ID.
    • GESERTIFISEERDE huweliksertifikaat (indien getroud).
    • GESERTIFISEERDE matriekuitslae OF die Graad 11-finale rapport indien voornemende student in matriek is.
    • Vir NGOS- en BEdHons-aansoeke word ‘n GESERTIFISEERDE afskrif van die akademiese rekord en graadsertifikaat benodig.
    • Bewys van betaling van die aansoekfooi – R250 (Nie-terugbetaalbaar).
    • ‘n Voornemende student sal na afloop van die aansoekproses ‘n e-pos ontvang.  Op die e-pos is daar ‘n finansiële ooreenkoms wat afgelaai en onderteken moet word.
  4. TERUGVOER word binne drie weke gegee.
  5. NAVRAE kan gerig word aan aansoeke@aros.ac.za.
  6. Neem kennis dat die Honneurs in Leerondersteuning volle kapasiteit bereik het vir 2024.  Indien jy egter jou naam op die waglys wil plaas, kan jy nog steeds aansoek doen en jou dokumente oplaai.  Aros sal egter eers middel Januarie 2024 vir jou terugvoer kan gee of ons jou nog sal kan akkommodeer.

Laai dokumente op

Indien jy reeds aansoek gedoen het, maar nog dokumente wil oplaai, klik op die skakel hier bo.

Betaal aanlyn met Payfast

Bankbesonderhede

Aros
Bank: Absa
Tipe rekening: Tjekrekening
Rekeningnommer: 407 653 0257
Takkode: 632005
Verwysing: Voornemende student se 13-syferidentiteitsnommer.

Terug na Aros-tuisblad