Terug na bo


1. Baccalaureus Educationis Honneurs in Kurrikulumstudie (SAKO-nr. 124616)

Die program vir die BEd Honneurs (BEdHons) in Kurrikulumstudie is ontwerp om huidige leiers en onderwysers wat daarna streef om leiers te word met die kennis en vaardighede toe te rus met betrekking tot hul kurrikulumstudie- en onderrigverantwoordelikhede. Voorts sal die program hulle ook vir verdere nagraadse studie in hierdie veld voorberei. Die hoofdoel van die BEdHons in Kurrikulumstudie is om studente se kundigheid in kurrikulumstudie te verbeter en verdiep ter voorbereiding vir studie op meesters- en doktorale vlak. Die program bevorder verder die vermoë om navorsing in die metodologieë en tegnieke van opvoedkundige navorsing te doen. Die kwalifikasie vereis dat studente ‘n hoë vlak van teoretiese betrokkenheid en intellektuele onafhanklikheid toon.

Toelatingsvereistes

  • ' n Vierjaar- professionele onderwysgraad; OF
  • ‘n Toepaslike baccalaureusgraad en ‘n erkende professionele onderwyskwalifikasie; OF
  • ‘n Vierjaar- professionele onderwyskwalifikasie, asook ‘n gevorderde diploma in ‘n verwante subveld van die onderwys; EN
  • ‘n Minimum gemiddelde punt van 60% vir die bogenoemde voorvereiste verwerfde kwalifikasie

Let asb. op die volgende belangrike inligting:

  • Studente met onderwyservaring sal voorkeur geniet (sien die vereiste dokumente).
  • Indien 'n voornemende student oor die voorvereiste kwalifikasie beskik, maar nie 'n minimum gemiddelde punt van 60% vir hierdie kwalifikasie behaal het nie, kan hy/sy steeds aansoek doen.  'n Bewys van onderwyservaring moet verskaf word deur middel van 'n gestempelde briefhoof van die betrokke skool/skole waarin ervaring opgedoen is.
  • Studente wat nie 'n navorsingsmodule op voorgraadse (vlak 7) voltooi het nie, moet 'n addisionele navorsingsmodule tydens die eerste studiejaar voltooi en die deeltydse opsie kies.
  • Toelating van studente vind plaas na goeddunke van die Toelatingskomitee om te verseker dat voornemende studente oor die nodige akademiese vermoëns beskik wat vir ’n NKR-vlak 8-kwalifikasie vereis word.

Kwalifikasie-inligting

  • Minimumvoorvereiste: Baccalaureusgraad
  • NKR-vlak: 8
  • Minimum tydperk: 1 jaar
  • Verlengde program: 2 jaar

Metode van aanbieding

  • Die modus van aanbieding is afstandsonderrig met addisionele ondersteuning aan studente deur middel van interaktiewe aanlyn sessies of werkswinkels.
  • Toetse, opdragte en eksamens word deur die loop van die dag of vroegaand vanaf ’n Maandag tot ’n Saterdag aanlyn afgelê. Datums en tye word vroegtydig gekommunikeer.

Koste per jaar in 2026

  • Aansoekfooi: R250.00
  • Registrasie: R3 500.00 (eerste deposito betaalbaar in Januarie 2026)
  • Klasgeld: R47 690.00
  • Handboekkoste (ongeveer): R7 500.00

Beskikbare kurrikulums

O503P

Kwalifikasie met onderskeiding

ʼn Student wat ‘n gemiddeld van 75% vir al die kern- en elektiewe modules behaal het, behaal die kwalifikasie met onderskeiding.

Programuitkomste

Ná die voltooiing van hierdie program is dit Aros se verwagting dat ‘n gegradueerde oor die volgende eienskappe en vaardighede sal beskik:

  • toon ‘n grondige en wesenlike begrip van die filosofie van die opvoedkunde en van onderrig en leer vanuit ‘n Christelike perspektief;
  • toon grondige kennis van, betrokkenheid by en die vermoë om kurrikulum, kurrikulumontwikkeling en kurrikulumontwerpteorieë, -take, -tegnieke en -vaardighede in ‘n opvoedkundige konteks toe te pas;
  • pas die filosofiese, epistemologiese en antropologiese grondslag van Christelike kurrikulumteorie op kurrikulumontwikkeling en -evaluering toe;
  • voer navorsing uit en lewer krities en analities verslag oor bevindings en aanbevelings; 
  • evalueer wêreldwye kurrikulumtendense en vergelyk elemente van kurrikulums van verskeie onderwysstelsels ten einde voorstelle vir eie kurrikulumverbetering aan die hand te doen; en
  • toon ‘n ingeligte begrip van die teorie en praktyk met betrekking tot e-leer en assessering in die onderwys.

Kurrikulums

Kurrikulummodulelys

O503P
O503P (Voorbeeld van verlengde kurrikulum)
Kode Module NKR Krediete Tipe Voorvereiste 40% Geslaag Geregistreer of geslaag Uitkomste
O503P Jaar 1
Eerste kwartaal
KURS611 Kurrikulumstudie 8 10 Kern Uitkomste
NAVS611 Inleiding tot Opvoedkundige Navorsing 8 4 Kern Uitkomste
OLTP611 Onderrig en Leer in Teorie en die Praktyk 8 10 Kern Uitkomste
PNAV631 Opvoedkundige Navorsing 8 2 Kern NAVS611 Uitkomste
Tweede kwartaal
COKU611 Religie, Kurrikulumteorie en -ontwerp 8 10 Kern Uitkomste
NAVS611 Inleiding tot Opvoedkundige Navorsing 8 8 Kern Uitkomste
PNAV631 Opvoedkundige Navorsing 8 4 Kern NAVS611 Uitkomste
VEKU611 Kurrikulumstudie: Internasionale Vergelykende Perspektiewe 8 10 Kern Uitkomste
Derde kwartaal
ASOW621 Assessering in die Onderwys 8 10 Kern Uitkomste
KOOW621 Kurrikulumontwikkeling en -ontwerp 8 10 Kern Uitkomste
PNAV631 Opvoedkundige Navorsing 8 12 Kern NAVS611 Uitkomste
Vierde kwartaal
ELEE621 E-leer 8 10 Kern Uitkomste
FLOE621 Filosofie van die Opvoeding 8 10 Kern Uitkomste
PNAV631 Opvoedkundige Navorsing 8 12 Kern NAVS611 Uitkomste
O503P Jaar 1 totale krediete 122
O503P O503P totale krediete 122
Kode Module NKR Krediete Tipe Voorvereiste 40% Geslaag Geregistreer of geslaag Uitkomste
Verlengde kurrikulum Jaar 1
Eerste kwartaal
KURS611 Kurrikulumstudie 8 10 Kern Uitkomste
NAVS611 Inleiding tot Opvoedkundige Navorsing 8 4 Kern Uitkomste
OLTP611 Onderrig en Leer in Teorie en die Praktyk 8 10 Kern Uitkomste
Tweede kwartaal
COKU611 Religie, Kurrikulumteorie en -ontwerp 8 10 Kern Uitkomste
NAVS611 Inleiding tot Opvoedkundige Navorsing 8 8 Kern Uitkomste
VEKU611 Kurrikulumstudie: Internasionale Vergelykende Perspektiewe 8 10 Kern Uitkomste
Derde kwartaal
ASOW621 Assessering in die Onderwys 8 10 Kern Uitkomste
KOOW621 Kurrikulumontwikkeling en -ontwerp 8 10 Kern Uitkomste
Vierde kwartaal
ELEE621 E-leer 8 10 Kern Uitkomste
FLOE621 Filosofie van die Opvoeding 8 10 Kern Uitkomste
Verlengde kurrikulum Jaar 1 totale krediete 92
Verlengde kurrikulum Jaar 2
Eerste kwartaal
PNAV631 Opvoedkundige Navorsing 8 2 Kern NAVS611 Uitkomste
Tweede kwartaal
PNAV631 Opvoedkundige Navorsing 8 4 Kern NAVS611 Uitkomste
Derde kwartaal
PNAV631 Opvoedkundige Navorsing 8 12 Kern NAVS611 Uitkomste
Vierde kwartaal
PNAV631 Opvoedkundige Navorsing 8 12 Kern NAVS611 Uitkomste
Verlengde kurrikulum Jaar 2 totale krediete 30
Verlengde kurrikulum Verlengde kurrikulum totale krediete 122