Terug na bo


1. Baccalaureus Educationis Honneurs in Kurrikulumstudie (SAKO-nr. 124616)

Die program vir die BEd Honneurs (BEdHons) in Kurrikulumstudie is ontwerp om huidige leiers en onderwysers wat daarna streef om leiers te word met die kennis en vaardighede toe te rus met betrekking tot hul kurrikulumstudie- en onderrigverantwoordelikhede. Voorts sal die program hulle ook vir verdere nagraadse studie in hierdie veld voorberei. Die hoofdoel van die BEdHons in Kurrikulumstudie is om studente se kundigheid in kurrikulumstudie te verbeter en verdiep ter voorbereiding vir studie op meesters- en doktorale vlak. Die program bevorder verder die vermoë om navorsing in die metodologieë en tegnieke van opvoedkundige navorsing te doen. Die kwalifikasie vereis dat studente ‘n hoë vlak van teoretiese betrokkenheid en intellektuele onafhanklikheid toon.

Kwalifikasie-inligting

  • Minimumvoorvereiste: Baccalaureusgraad
  • NKR-vlak: 8
  • Minimum tydperk: 1 jaar
  • Verlengde program: 2 jaar

Metode van aanbieding

Koste per jaar

  • Aansoekfooi: R250.00
  • Registrasie: R3 500.00 (eerste deposito betaalbaar in Januarie 2026)
  • Klasgeld: R49 040.00
  • Handboekkoste (ongeveer): R7 500.00

Beskikbare kurrikulums

O503P

Kwalifikasie met onderskeiding

ʼn Student wat ‘n gemiddeld van 75% vir al die kern- en elektiewe modules behaal het, behaal die kwalifikasie met onderskeiding.

Programuitkomste

Ná die voltooiing van hierdie program is dit Aros se verwagting dat ‘n gegradueerde oor die volgende eienskappe en vaardighede sal beskik:

  • pas behoorlike leierskap en innoverende praktyke in die konteks van hul roeping en die gemeenskap toe;
  • toon die vereiste kennis ten einde kinders met die toepaslike waardes, vaardighede en kennis toe te rus wat vir hul ontwikkelingsvlak geskik is;
  • toon bevoegdheid in die onderrig van Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-leerders;
  • beeld grondige en gespesialiseerde opvoedkundige en teoretiese vakkennis en vaardighede betroubaar en samehangend uit (aanbied en weergee) deur die gebruik van akademiese en professionele konvensies wat gepas vir die kwalifikasie is;
  • toon die vermoë om kennis doeltreffend in die klaskamer/skool/gemeenskap toe te pas;
  • pas basiese opvoedkundige navorsingsbeginsels toe en beoefen lewenslange leer;
  • toon die vermoë om verskillende inligtingsbronne te evalueer, inligting te kies wat geskik is vir take en goed ontwikkelde analise- en sinteseprosesse toe te pas;
  • toon die vermoë om prestasie aan die hand van bepaalde kriteria te evalueer;
  • toon die vermoë om doeltreffend in ‘n span te werk; en
  • toon kennis van Christelike waardes.

 

Kurrikulums

Kurrikulummodulelys

O503P
O503P (Voorbeeld van verlengde kurrikulum)
Kode Module NKR Krediete Tipe Voorvereiste 40% Geslaag Geregistreer of geslaag Uitkomste
O503P Jaar 1
Eerste kwartaal
COKU611 Geloof, Kurrikulumteorie en -ontwerp 8 10 Kern Uitkomste
KURS611 Kurrikulumstudie 8 10 Kern Uitkomste
NAVS611 Inleiding tot Opvoedkundige Navorsing 8 4 Kern Uitkomste
OLTP611 Onderrig en Leer in Teorie en die Praktyk 8 10 Kern Uitkomste
PNAV631 Opvoedkundige Navorsing 8 2 Kern NAVS611 Uitkomste
Tweede kwartaal
NAVS611 Inleiding tot Opvoedkundige Navorsing 8 8 Kern Uitkomste
PNAV631 Opvoedkundige Navorsing 8 4 Kern NAVS611 Uitkomste
VEKU611 Kurrikulumstudie: Internasionale Vergelykende Perspektiewe 8 10 Kern Uitkomste
Derde kwartaal
ASOW621 Assessering in die Onderwys 8 10 Kern Uitkomste
KOOW621 Kurrikulumontwikkeling en -ontwerp 8 10 Kern Uitkomste
PNAV631 Opvoedkundige Navorsing 8 12 Kern NAVS611 Uitkomste
Vierde kwartaal
ELEE621 E-leer 8 10 Kern Uitkomste
FLOE621 Filosofie van die Opvoeding 8 10 Kern Uitkomste
PNAV631 Opvoedkundige Navorsing 8 12 Kern NAVS611 Uitkomste
O503P Jaar 1 totale krediete 122
O503P O503P totale krediete 122
Kode Module NKR Krediete Tipe Voorvereiste 40% Geslaag Geregistreer of geslaag Uitkomste
Verlengde kurrikulum Jaar 1
Eerste kwartaal
COKU611 Geloof, Kurrikulumteorie en -ontwerp 8 10 Kern Uitkomste
KURS611 Kurrikulumstudie 8 10 Kern Uitkomste
NAVS611 Inleiding tot Opvoedkundige Navorsing 8 4 Kern Uitkomste
Tweede kwartaal
NAVS611 Inleiding tot Opvoedkundige Navorsing 8 8 Kern Uitkomste
Derde kwartaal
ASOW621 Assessering in die Onderwys 8 10 Kern Uitkomste
Vierde kwartaal
ELEE621 E-leer 8 10 Kern Uitkomste
Verlengde kurrikulum Jaar 1 totale krediete 52
Verlengde kurrikulum Jaar 2
Eerste kwartaal
OLTP611 Onderrig en Leer in Teorie en die Praktyk 8 10 Kern Uitkomste
PNAV631 Opvoedkundige Navorsing 8 2 Kern NAVS611 Uitkomste
Tweede kwartaal
PNAV631 Opvoedkundige Navorsing 8 4 Kern NAVS611 Uitkomste
VEKU611 Kurrikulumstudie: Internasionale Vergelykende Perspektiewe 8 10 Kern Uitkomste
Derde kwartaal
KOOW621 Kurrikulumontwikkeling en -ontwerp 8 10 Kern Uitkomste
PNAV631 Opvoedkundige Navorsing 8 12 Kern NAVS611 Uitkomste
Vierde kwartaal
FLOE621 Filosofie van die Opvoeding 8 10 Kern Uitkomste
PNAV631 Opvoedkundige Navorsing 8 12 Kern NAVS611 Uitkomste
Verlengde kurrikulum Jaar 2 totale krediete 70
Verlengde kurrikulum Verlengde kurrikulum totale krediete 122