Skoolinligting

  1. Grondslag vir toelating:   Toelating word toegestaan op grond van die voornemende student se matriekuitslae en naskoolse kwalifikasies.
  2. Voorlopige toelating:  Voorlopige toelating word aan voornemende studente toegestaan wat nog nie gematrikuleer het nie, gebaseer op hul finale graad 11-uitslae.  Finale toelating word bevestig sodra die amptelike matriekuitslae in Januarie 2027 ontvang is.
  3. Kurrikulumwysigings:   Let asseblief daarop dat kurrikulums in Januarie 2027 aangepas kan word op grond van jou finale matriekuitslae.  Indien jy op grond van jou Graad 11-uitslae voorlopige toelating tot die Hoër Sertifikaat in Onderwys ontvang het, maar jou finale matriekuitslae voldoen aan die vereistes vir ’n graadprogram, sal Aros jou kurrikulum aanpas sodat jy met die graadprogram kan voortgaan.  Indien jy aanvanklik voorlopige toelating tot ’n graadprogram ontvang het, maar jou finale matriekuitslae toon dat jy nie meer aan die vereistes vir graadstudie voldoen nie, maar wel kwalifiseer vir die Hoër Sertifikaat in Onderwys, sal Aros jou kurrikulum dienooreenkomstig aanpas.
  4. Minimum vereistes vir graadstudies:  600 Aros-toelatingspunte, Bacalaureusgraadtoelating asook 'n minimum punt van 50% vir beide Afrikaans en Engels. Neem kennis dat sekere graadprogramme addisionele vereistes mag hê. Volledige besonderhede oor toelatingsvereistes per kurrikulum word uiteengesit in Aros se Prospektus, beskikbaar by die skakel hieronder. 
  5. Alternatiewe kwalifikasies:  Indien jy nie 'n Senior Sertifikaat of 'n Nasionale Senior Sertifikaat het nie, maar byvoorbeeld 'n GED- of Cambridge-kwalifikasie, stuur jou kwalifikasiebewys na aansoeke@aros.ac.za vir terugvoer.

Prospektus