Skoolinligting

  1. Toelating word gegee op grond van die voornemende student se matriekuitslae en naskoolse kwalifikasies.
  2. Finale toelating word gegee op grond van die matriekuitslae wat in Januarie 2026 ontvang word.  Kurrikulumwysigings kan nog gedoen word in Januarie 2026. Indien voornemende studente op grond van hulle graad 11-uitslae voorlopige toelating ontvang vir die Hoër Sertifikaat in Onderwys, maar met hulle matriekuitslae voldoen aan die vereistes vir graadstudies, sal Aros hulle kurrikulum in Januarie 2026 verander.
  3. Neem kennis dat die minimumvereistes vir graadstudies by Aros 600 Aros-toelatingspunte, Bacalaureusgraadtoelating asook 'n punt van 50% of hoër vir Afrikaans en Engels is. Sekere van Aros se graadprogramme het bykomende vereistes. Die toelatingsvereistes per kurrikulum word uiteengesit in Aros se prospektus wat verkry kan word by die skakel hier onder.
  4. Indien jy nie 'n Senior Sertifikaat of 'n Nasionale Senior Sertifikaat het nie, maar byvoorbeeld'n GED- of Cambridge-kwalifikasie, stuur jou kwalifikasiebewys na aansoeke@aros.ac.za vir terugvoer.

Prospektus