Voornemende studente wat hulle Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) verwerf het, kan hul toelatingspunt op die volgende wyse uitwerk:
Universiteitstoelating behels ʼn Nasionale Senior Sertifikaat wat geëndosseer is met die inskrywing dat die persoon voldoen aan die minimumvereistes vir toelating tot graadstudie aan ʼn universiteit. 'n Persoon verkry goedkeuring vir graadstudie vanaf 2018 indien 50% in minstens vier vakke behaal is (Lewensoriëntering uitgesluit).
Toelating tot Aros word bepaal deur van 'n formule gebruik te maak. Die persentasie wat in elke vak behaal is, word gebruik, en op grond van die spesifieke formule word 'n punt per vak bereken. Die toelatingsopunt is die totaal van al sewe vakke en bepaal verder vir watter kurrikulums toelating verkry kan word. Die onderstaande groepe dui die formule aan wat gebruik word ten einde die toelatingspunt te bepaal. Sien die kurrikulumspesifieke vereiste by elke kurrikulum.
Afrikaans Huistaal/Eerste Addisionele Taal, Besigheidstudies, Dramatiese Kunste, Ekonomie, Engels Huistaal/Eerste Addisionele Taal, Fisiese Wetenskappe, Geografie, Geskiedenis, Musiek, Rekeningkunde, Ingenieursgrafika en -Ontwerp, Inligtingstegnologie, Landbouwetenskappe, Lewenswetenskappe, Religiestudies, Verbruikerstudies, Visuele Kunste en Wiskunde
Wiskundige Geletterdheid, Dansstudies, Elektriese Tegnologie, Gasvryheidstudies, Ontwerp, Meganiese Tegnologie, Landboubestuurspraktyk, Landboutegnologie, Siviele Tegnologie, Tweede Addisionele Taal, Lewensoriëntering, Rekenaartoepassingstegnologie, Tegniese Wetenskappe, Tegniese Wiskunde, Toerisme en enige ander vak wat nie in groep 1 genoem is nie.