Terug na bo


1. Hoër Sertifikaat in Onderwys (SAKO-nr. 120165)

Die Hoër Sertifikaat in Onderwys het ten doel om aan kandidate wat potensiaal toon maar nie aan die minimum-intreevlakvereistes vir Aros se BEd-programme voldoen nie ’n billike kans op sukses te bied. Dit dien as 'n oorbrugging na sekere van Aros se graadstudieprogramme. 

Dit is belangrik dat aansoekers daarop let dat die Hoër Sertifikaat nie die uitreiking van ‘n SARO-nommer vir die doeleindes van ‘n onderwysassistentpos verseker nie. Ná afloop van die Hoër Sertifikaat moet die kandidaat vir ‘n BEd-program inskryf ten einde vir ‘n SARO-nommer aansoek te kan doen.

Studente het slegs twee jaar om die Hoër Sertifikaat te voltooi. Slepers word nie vir 'n derde jaar van studie geakkommodeer nie. 

Kwalifikasie-inligting

  • Minimumvoorvereiste: Nasionale Senior Sertifikaat met hoërsertifikaattoelating
  • NKR-vlak: 5
  • Minimum tydperk: 1 jaar

Metode van aanbieding

Die modus van aanbieding is afstandsonderrig, met addisionele ondersteuning aan studente deur middel van interaktiewe aanlyn sessies, werkswinkels of ekstra klasse.

Koste per jaar

  • Aansoekfooi: R250.00
  • Registrasie: R3 500.00 (eerste deposito betaalbaar in Januarie 2026)
  • Klasgeld: R41 480.00
  • Handboekkoste (ongeveer): R7 500.00

Beskikbare kurrikulums

O140P

Spesifieke voorvereistes

Afrikaans Huistaal 45%
Engels Eerste Addisionele Taal 45%
Wiskundige Geletterdheid 30%

Vereistes vir studente met 'n Senior Sertifikaat (voor 2008)

  • Senior Sertifikaat

Kwalifikasie met onderskeiding

ʼn Student wat ‘n gemiddeld van 75% oor al die kredietdraende modules van die kurrikulum behaal het, behaal die kwalifikasie met onderskeiding.

 

 

 

Programuitkomste

Ná die voltooiing van hierdie program is dit Aros se verwagting dat ‘n gegradueerde oor die volgende eienskappe en vaardighede sal beskik:

  • toon kennis en begrip van Christelike filosofie, opvoedkundige filosofie, en Bybelse waardes en beginsels in ‘n onderwyskonteks;
  • bestuur eie leer op ‘n selfgerigte manier in ‘n afstands- (aanlyn) hoëronderwyskonteks;
  • toon bevoegdheid in die onderrigtaal en ander gekose tale vir akademiese en praktiese doeleindes;
  • toon kennis van professionele onderwysteorie en -praktyk binne die skoolkonteks;
  • toon ‘n basiese konseptuele en prosedurele kennis van wiskunde wat studente in staat sal stel om verdere studie binne die hoëronderwysomgewing aan te pak; en
  • toon begrip van die onderwyskontekste in Afrika en Suid-Afrika, inklusiewe onderwys en diversiteit binne die konteks van die onderwys.

 

Kurrikulums

Kurrikulummodulelys

O140P
Kode Module NKR Krediete Tipe Voorvereiste 40% Geslaag Geregistreer of geslaag Uitkomste
O140P Jaar 1
Eerste kwartaal
EGKI112 Etiese Gebruik van Kunsmatige Intelligensie 5 12 Fundamenteel Uitkomste
OKIS111 Onderrig-en-leerteorie 5 12 Elektief Uitkomste
TVAF111 Taalvaardigheid in Afrikaans 5 12 Fundamenteel Uitkomste
Tweede kwartaal
FIBY111 Bybelkunde en Filosofie 5 12 Kern Uitkomste
TVEN121 Taalvaardigheid in Engels 5 12 Fundamenteel Uitkomste
Derde kwartaal
INAT122 Inleiding tot ’n Afrikataal 5 6 Fundamenteel Uitkomste
LEER114 Logiese, Kritiese en Analitiese Denke 5 12 Fundamenteel Uitkomste
TEOR121 Teoretiese Raamwerk vir OPVS (Filosofie van die Opvoedkunde en Onderwysteorieë in Perspektief) 5 12 Kern Uitkomste
Vierde kwartaal
INAT122 Inleiding tot ’n Afrikataal 5 6 Fundamenteel Uitkomste
OKIS121 Onderrig en Leer (Toegepas) 5 12 Elektief Uitkomste
OWIS121 Inleidende Wiskunde 5 12 Fundamenteel Uitkomste
O140P Jaar 1 totale krediete 120
O140P O140P totale krediete 120