Terug na bo


AROS STEL BEd HONNEURS IN KURRIKULUMSTUDIE BEKEND

Aros is trots om die bekendstelling van sy splinternuwe BEd Honneurs (BEdHons) in Kurrikulumstudie aan te kondig – ‘n gevorderde program wat gemik is op huidige onderwysleiers én opvoeders wat die passie en dryf het om leiers in die onderwys te word.

Hierdie program is ontwerp om deelnemers se kundigheid in kurrikulumstudie te verdiep, hul pedagogiese insig te versterk en hulle te bemagtig met gevorderde kennis en praktiese vaardighede rakende onderrig- en kurrikulumverantwoordelikhede. “Met die BEdHons in Kurrikulumstudie wil ons nie net opvoeders toerus vir hul huidige rolle nie, maar hulle ook voorberei vir die volgende stap, hetsy dit nou ‘n meestersgraad of selfs ‘n doktorsgraad is,” sê prof Kobus Mentz, Rektor van Aros. “Ons glo dat sterk akademiese leierskap die sleutel is tot volhoubare gehalte in onderwys.”

Die hoofdoel van die kwalifikasie is om ‘n hoë vlak van teoretiese betrokkenheid, intellektuele onafhanklikheid en navorsingsvernuf te kweek. Studente sal blootgestel word aan gevorderde metodologieë en tegnieke in opvoedkundige navorsing, wat noodsaaklik vir elkeen is wat ‘n betekenisvolle rol in die veld wil speel. Die program bied ‘n platform vir professionele groei, akademiese uitnemendheid en die ontwikkeling van kritiese denkers wat in staat is om die onderwyslandskap in Suid-Afrika en selfs buite die landsgrense te beïnvloed.

Aros is ʼn privaat, Christelike hoëronderwysinstelling wat by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer is. Die onderwyslandskap in Suid-Afrika is dinamies. Tans is daar egter heelwat uitdagings waarvoor die onderwys te staan kom. ʼn Beduidende tekort aan onderwysers is een hiervan. Juis hierom wil Aros roepingsgedrewe studente oplei wat ná hul studie in staat is om die onderwysprofessie met kundigheid te betree.

Belangstellendes word uitgenooi om meer oor toelatingsvereistes en registrasieprosesse te lees deur Aros se webtuiste te besoek: www.aros.ac.za.


Grootste onderwysbeurs in Suid-Afrika bekendgestel

In samewerking met Pretoria FM en Rapport Onderwysfonds stel Aros graag die Prestige-onderwysbeurs bekend. Die Prestige-onderwysbeurs is die grootste onderwysbeurs in Suid-Afrika. Dit bied aan drie uitsonderlike Afrikaanse leerders wat in 2025 matrikuleer of aan persone wat reeds gematrikuleer het onder die ouderdom van 21 die geleentheid om hul volledige vierjaar-onderwysgraad kosteloos by Aros te voltooi.


Aros open Suid-Kaapse kantoor in George

Op Woensdagaand 26 Februarie 2025, het die Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros), in die 21ste jaar van sy bestaan, amptelik sy Suid-Kaapse kantoor in George geopen.


Aros stel BEd Honneurs in Onderwysbestuur en -leierskap bekend

Aros poog om jaarliks studente van hoogstaande gehalte te lewer. Tans bied Aros die volgende kwalifikasies aan: BEd in Grondslagfase, BEd in Intermediêre Fase, BEd in Senior Fase en VOO, BEd Honneurs in Leerondersteuning, Nagraadse Onderwyssertifikaat en Hoër Sertifikaat in Onderwys. Studente volg ‘n afstandsonderrigmodel, en studente van regoor Suid-Afrika vorm deel van meer as 2 900 Aros-studente. Aros se onderrigmodel bied die ideale geleentheid vir voornemende onderwysers om hul studie en praktieseonderwys-ervaring gedurende hul studietydperk te kombineer.


Aros groei van krag tot krag

Aros poog om jaarliks studente van hoogstaande gehalte te lewer. Tans bied Aros ‘n Hoër Sertifikaat in Onderwys, BEd in Grondslagfase, BEd in Intermediêre Fase, BEd in Senior Fase en Verdere Onderwys en Opleiding asook die Nagraadse Onderwysdiploma aan. Studente volg ‘n afstandsonderrigmodel, en studente van regoor Suid-Afrika vorm deel van meer as 2 900 Aros-studente.


Nuwe rektor amptelik ingehuldig

Donderdagaand 20 Julie 2023 was ‘n swierige en baie spesiale geleentheid vir Aros. Tydens hierdie geleentheid is prof Kobus Mentz amptelik ingehuldig as die nuwe uitvoerende hoof en rektor van Aros. Aros het hiermee ‘n nuwe era betree en is opgewonde om saam met prof Mentz die toekoms in te stap en dit ook met hom aan die stuur aan te pak.


Aros brei uit met nuwe opleidingsgeleenthede in die onderwys!

Aros is ʼn private, Christelike hoëronderwysinstelling wat by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer is.  Die onderwyslandskap in Suid-Afrika is dinamies. Tans is daar heelwat uitdagings waarvoor die onderwys te staan kom. ʼn Beduidende tekort aan onderwysers is een hiervan. Juis hierom wil Aros roepingsgedrewe studente oplei wat, nadat hulle hul studie voltooi het, die onderwysprofessie met kundigheid kan betree.


Aros betree nuwe era met die aankondiging van nuwe rektor

Aros spog in 2023 met ‘n rekordgetal eerstejaars en sien met groot opgewondheid uit na die jaar wat voorlê. Die eerstejaarsgetalle groei jaarliks, en juis in hierdie opsig is Aros as privaat hoëronderwysinstelling trots en dankbaar om te kan sê dat ons elke jaar onder die Here se seën van krag tot krag gaan.


Ken jou storie: Wenboeke

Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros) en Pretoria FM se Ken-Jou-Storie-kinderboekskryfkompetisie het verlede jaar skrywers se kreatiwiteit behoorlik getoets met ‘n geleentheid om ‘n boek vir die volgende ouderdomsgroepe te skryf: 4 tot 6 jaar en 7 tot 9 jaar. Nie minder nie as driehonderd inskrywings is ontvang. Beoordelaars het ure gelees om uit hieruit die wenners te kies. Dit was geen maklike taak nie. 


Aros groei van krag tot krag op nuwe kampus.

“Die doel van die skool is om jong mense op te lei om hulself lewenslank op te voed.” – Robert Maynard Hutchins.


Grootste onderwysbeurs in Suid-Afrika bekendgestel

Drie van die grootste onderwysbeurse in die privaat hoër onderwys word vandag in Pretoria bekendgestel. Aros bied in samewerking met Pretoria FM en Rapport Onderwysfonds aan drie top- presterende Afrikaanse studente die geleentheid om sy/haar vierjaar-onderwysgraad kosteloos by Aros te voltooi en te verwerf.


Aros verwelkom rekordgetal eerstejaars in 2022!

William Arthur Ward het gesê: “Die middelmatige onderwyser vertel. Die goeie  onderwyser verduidelik. Die bogemiddelde onderwyser demonstreer. Die uitsonderlike onderwyser inspireer.”


Hoe weet jy onderwys is jou roeping?

Detail

Hoe weet jy onderwys is jou roeping? Hoe besluit ek watter fase my sal pas? Hoe kies ek tussen Grondslagfase, Intermediêre Fase , Senior & VOO of NGOS? 


Nuwe SR vir die termyn 2021/2022 aangekondig

Die SR vir die termyn 2021/2022 is op 15 Junie 2021 by Goya’s Restaurant in Pretoria aangekondig. Dit is vir Aros en Studentesake belangrik om leierskap te ontgin en so ook die studente te bemagtig met die regte bestuurseienskappe. Aros se groei in studentegetalle het ook tot gevolg gehad dat daar vir die nuwe termyn vyf SR-lede aangewys is en nie net vier soos in die verlede nie.


Aros beleef geskiedkundige 2021

Te midde van ‘n wêreldwye pandemie beleef Aros (Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies) steeds ‘n geskiedkundige 2021 op vele gebiede. Aros het pas hul jaarlikse gradeplegtigheid aangebied en op Woensdag, 10 Maart 2021 is 186 kwalifikasies deur middel van ‘n amptelike gradeplegtigheidseremonie toegeken. Gedurende die seremonie is al die inperkingsreëls in ag geneem. Studente het hul grade persoonlik ontvang en die funksie is ook d.m.v. ‘n regstreekse uitsending na familie en vriende uitgesaai.