Terug na bo

Honneurs Baccalaureus Educationis in Leerondersteuning (SAKO-nr. 120643)

Die HonsBEd in Leerondersteuning het ten doel om studente se teoretiese kennis in die leerondersteuningsveld te konsolideer en te verdiep ten einde leerders in primêre skole (Grondslagfase en Intermediêre Fase) met diverse leerhindernisse doeltreffend te assesseer, ondersteun en bemagtig. Die program sal studente in staat stel om diverse en unieke leervermoëns en -uitdagings te identifiseer en dit binne die gees van inklusiewe onderwys te akkommodeer. 

Toelatingsvereistes:

  • ' n Vierjaar- professionele onderwysgraad; OF
  • 'n Baccalaureusgraad en ’n erkende professionele onderwyskwalifikasie; OF
  • 'n Vierjaar- professionele onderwyskwalifikasie, asook ’n gevorderde diploma in 'n verwante subveld van die onderwys; EN
  • 'n Motiveringsbrief indien die aansoeker nie in Grondslag- of Intermediêre Fase gespesialiseer het nie.
 

Studente wat onmiddellik ná die suksesvolle voltooiing van ’n BEd-graad of NGOS op NKR-vlak 7 met die HonsBEd in Leerondersteuning wil voortgaan, moet ’n minimumgemiddeld van 60% vir die BEd-graad of NGOS hê.

As alternatief moet studente oor die voorgeskrewe, voorvereiste kwalifikasie beskik en ten minste vyf (5) jaar se onderwyservaring hê. ’n Bewys van die vereiste onderwyservaring moet verskaf word deur middel van ‘n gestempelde briefhoof van die betrokke skool/skole waarin die volgende inligting bevestig word:

  • die aantal jare wat u voltyds by die betrokke skool werksaam is/was; en
  • ‘n aanduiding van die vakke wat u aanbied/aangebied het, byvoorbeeld Wiskunde vir graad 5-leerders.

Toelating van studente sal plaasvind na die goeddunke van die Toelatingskomitee ten einde te verseker dat voornemende studente oor die nodige akademiese vermoëns beskik wat vir ’n NKR-vlak 8-kwalifikasie vereis word.


1. Kwalifikasie-inligting

  • Minimumvoorvereiste: Baccalaureusgraad
  • NKR-vlak: 8
  • Minimum tydperk: 1 jaar

  • 2. Metode van aanbieding

    • Hierdie kurrikulum word deur middel van ’n afstandsonderrigmodel aangebied, met 'n hoë vlak van aanlyn ondersteuning

    • Toetse en eksamens word vanaf ‘n Maandag tot ‘n Saterdag deur die loop van die dag of vroegaand aanlyn afgelê.  Datums en tye word vroegtydig gekommunikeer.


    3. Koste per jaar

    • Aansoekfooi: R250.00
    • Registrasie: R3 500.00 (eerste deposito betaalbaar in Januarie 2024)
    • Klasgeld: R48 300.00
    • Handboekkoste (ongeveer): R7 000.00


    4. Beskikbare kurrikulums

    O500P


    5. Onderwyspraktyk

    N.V.T.


    6. Kwalifikasie met onderskeiding

    ʼn Student wat ‘n gemiddeld van 75% oor al die kern- en elektiewe modules behaal het, behaal die kwalifikasie met onderskeiding.


    7. Vereistes vir Engels as taal van onderrig en leer

    N.V.T.


    8. Bepalings met betrekking tot voorwaardelike toelating

    'n Student se studie kan na vier formele waarskuwings getermineer word indien die student 36 en meer krediete per semester nie slaag nie.


    9. Kurrikulums


    Kurrikulums

    O500P
    Module Kr Module Kr
    Semester 1 Semester 2
    Jaar 1 Jaar 1
    Kern
    BBBG611 8 FLOE621 10
    IDAH611 10 GLOF621 16
    IKLO611 8 IKLO621 8
    ILTW611 8 PNAV631 20
    NAVS611 10 SKGH621 8
    OLTP611 10
    PNAV631 12
    Totaal
    66 62
    Kurrikulumtotaal
    128

    Kwalifikasiemodulelys

    O500P
    Kode Module NKR Krediete Tipe Voorvereiste 40% Geslaag Geregistreer of geslaag Uitkomste
    O500P Jaarvlak 1
    Eerste Semester
    BBBG611 Inleiding tot Begeleiding en Berading 8 8 Kern Uitkomste
    IDAH611 Identifisering en Diagnostiese Assessering van Intrinsieke Leerhindernisse 8 10 Kern Uitkomste
    IKLO611 Inklusiewe Onderwys 1 8 8 Kern Uitkomste
    ILTW611 Leerondersteuning 1 8 8 Kern Uitkomste
    NAVS611 Inleiding tot Opvoedkundige Navorsing 8 10 Kern Uitkomste
    OLTP611 Onderrig en Leer in Teorie en die Praktyk 8 10 Kern Uitkomste
    Tweede Semester
    FLOE621 Filosofie van die Opvoeding 8 10 Kern Uitkomste
    GLOF621 Leerondersteuning 2 8 16 Kern ILTW611 Uitkomste
    IKLO621 Inklusiewe Onderwys 2 8 8 Kern Uitkomste
    SKGH621 Leergereedheid 8 8 Kern Uitkomste
    Jaarkursus
    PNAV631 Opvoedkundige Navorsing 8 32 Kern Uitkomste
    O500P Jaarvlak 1 totale krediete 128
    O500P O500P totale krediete 128