Terug na bo

Praktiese Onderwys

Die Departement Praktiese Onderwys is verantwoordelik vir die organisering, plasing en ondersteuning van studente tydens die voorgeskrewe praktiese tydperke in al die onderwysfases. Praktiese onderwys is die ruggraat van die onderwysstudie, waarvan die hoofdoel is dat studente hul teoretiese kennis in die praktyk moet toepas. Studente kry die geleentheid om by ‘n funksionele skool van hul keuse praktiese ervaring op te doen. In hierdie tydperk doen hulle ook waarneming in die fase waarin hulle studeer. Tydens die praktiese tydperke moet studente onder die mentorskap van dosente en onderwysers gehalte-lesse beplan en aanbied. Onderrig hou immers fundamenteel verband met die student se begrip van die vak(ke) wat hulle onderrig.

Die Departement Praktiese Onderwys is gerig op die opleiding en vorming van die student as opvoedkundige wat na die holistiese ontwikkeling van die leerder vanuit ‘n Christelike lewensbeskouing omsien. Studente word in staat gestel om gedurende en ná afloop van hul studie leerders te onderrig en is op ‘n etiese verbintenis tot leer en die welstand van alle leerders gebaseer. 

 


Foto kom hier

Mev Louise de Wet

Organiseerder: Grondslagfase-onderwyspraktyk

louise.dewet@aros.ac.za

Foto kom hier

Mev Fransie Drijfhout

Organiseerder: Intermediêre Fase-Onderwyspraktyk

fransie.drijfhout@aros.ac.za

Foto kom hier

Mej Michelle Engelbrecht

Akademiese Assistent

michelle.engelbrecht@aros.ac.za

Foto kom hier

Mev Melissa Kalp

Organiseerder: Senior en VOO-Onderwyspraktyk

melissa.kalp@aros.ac.za



Foto kom hier

Mej Dessire' van Staden

Akademiese Assistent

dessire.vanstaden@aros.ac.za