Terug na bo

Studentesake

By Studentesake is studente se stem, studentegemeenskap, sowel as die vorming en ondersteuning van studente vir ons belangrik. Ons glo dat elke student ‘n roeping het. Daarom is dit vir Studentesake belangrik om studente toe te rus om as roepingsgedrewe individue uiteindelik in die groter gemeenskap diensbaar te wees.

Die doel van Studentesake by Aros  is om die studente in hul ontwikkelingsproses te begelei. Dit sluit die ontwikkeling van studente op ʼn geestelike, akademiese en sosiale vlak in. Uit die aard van die saak word daar van verskillende platforms en persone gebruik gemaak om die doelwit te bereik. Die platforms en persone waarna hier verwys word, sluit onder meer die volgende in:

Pastorale berading

Die Pastorale Berader ondersteun studente op ʼn geestelike sowel as ‘n emosionele vlak. Berading behels onder andere traumaberading, bemoediging, die hantering van depressie en verhoudingsprobleme. Uiteindelik is die welsyn of “well-being” van studente vir Studentesake van belang, aangesien dit ook studente in staat stel om die gawes wat hulle ontvang het te gebruik.  

Aros het studente regoor die land, en derhalwe is dit belangrik dat berading toeganklik is vir alle studente. In die lig hiervan word daar ook van aanlyn platforms gebruik gemaak om studente te bereik. 

Sportafrigters

Hierdie personeel gee aan studente die geleentheid om deel te raak van ‘n studentegemeenskap. Verder dien sportspanne as ‘n platform waar studente op die sportveld onder meer met sosiale vaardighede toegerus word. 

Ondersteuning

Studentesake maak gebruik van ‘n aanlyn ondersteuningsblad.  Die doel van die blad is om studente se welsyn of “well-being” te bevorder en om aan alle studente ondersteuning te bied.  Die aanlyn blad is vir alle studente beskikbaar, en dit lei daartoe dat alle studente toegang tot ondersteuning het.  Hierdie ondersteuning sluit onder meer akademiese ondersteuning, oriëntering ter ondersteuning, portuurgroepondersteuning en ondersteuning van studente met betrekking tot hul welsyn of “well-being” in.

Studente kan ook individuele afsprake met die personeel van Studentesake reël, sodat die unieke behoeftes van die student bespreek kan word. Verder is daar die navrae-gedagte-klagteskakel wat aan studente ‘n platform gee om hulle stem te laat hoor. 

Die Aros-studenteraad en -huiskomitee:

Die Studenteraad dien as ‘n skakel tussen die studente en  bestuur van Aros.  Die Studenteraad (SR) is in samewerking met die Huiskomitee (HK) verantwoordelik vir die skep van ʼn studentekultuur en studentelewe op kampus.  Verder is dit die SR en HK se verantwoordelikheid om die Aros-student se belange op die Aros-kampus te bevorder.

Studentelewe sluit onder andere in: 

·        aanlyn mentorskapsessies

·        Arrie-talentfees (kultuur)

·        Die Bordkryt (studentekoerant) 

·        dinee

·        eerstejaarskamp

·        gemeenskapsprojek

·        hokkie 

·        netbal

Foto kom hier

Mej Maretha Lubbe

Bestuurder

maretha.lubbe@aros.ac.za

Foto kom hier

Mev Jeanine Heath

Studente-ondersteuningskoördineerder

jeanine.heath@aros.ac.za