Terug na bo

Sentrum vir Nagraadse Programme en Professionele Ontwikkeling in Opvoedkunde

Die Sentrum vir Nagraadse Programme en Professionele Ontwikkeling in Opvoedkunde is vanaf 1 November 2026 daargestel met die oog op die uitbreiding, ontwikkeling en koördinering van nagraadse programme, geleenthede vir professionele ontwikkeling en navorsingsinisiatiewe binne die opvoedkunde. Die Sentrum bevind hom tans in die aanvangsfase van die verwesenliking van sy visie en missie en is daarop gerig om mettertyd ‘n betekenisvolle bydrae tot akademiese ontwikkeling, navorsing en die professionele groei van opvoedkundiges te lewer.

Die Sentrum is tans verantwoordelik vir drie BEd-honneursprogramme, naamlik BEdHons in Onderwysbestuur en -leierskap, BEdHons in Kurrikulumstudie en BEdHons in Leerondersteuning. Al die programme wat binne die Sentrum aangebied en ontwikkel word, is op ‘n Christelik-reformatoriese grondslag geskoei. Hierdie grondslag rig die Sentrum se akademiese benadering, kurrikulumontwikkeling, navorsingsfokus en inisiatiewe met die oog op professionele ontwikkeling.

Benewens die bestaande honneursprogramme word verskeie nuwe kwalifikasies tans ontwikkel, naamlik die BEd Honneurs in Onderwysreg en Arbeidsverhoudinge, MEd in Leerondersteuning, MEd in Onderwysbestuur, MEd in Kurrikulumstudie en die Gevorderde Diploma in Onderwysleierskap en Bestuur. Hoewel hierdie kwalifikasies nog nie amptelik goedgekeur is nie, vorder die akademiese en ontwikkelingsprosesse om dit in die toekoms deel van die Sentrum se programaanbod te maak.

Professionele ontwikkeling deur middel van kortkursusse vorm eweneens ‘n belangrike deel van die Sentrum se mandaat. Die Sosiale Media-kortkursus is reeds aangebied en sal gedurende 2027 herhaal word. Verdere kortkursusse is tans in ontwikkeling en wag op die nodige goedkeuring. Sodra goedkeuring verkry is, sal hierdie kursusse deur die loop van 2027 aangebied word met die doel om praktiese, toepaslike en voortgesette geleenthede vir professionele ontwikkeling aan opvoedkundiges te bied.

Navorsing vorm ‘n kernfokus van die Sentrum se langtermynvisie. Daar word beoog om nasionale en internasionale navorsingsprojekte te vestig, samewerking met plaaslike en internasionale akademiese instellings te bevorder, publikasies aan te moedig en akademiese gesprek deur middel van konferensies en colloquiums te stimuleer. Deur hierdie inisiatiewe wil die Sentrum ‘n bydrae lewer tot die uitbreiding van opvoedkundige kennis, die bevordering van akademiese uitnemendheid en die ontwikkeling van onderwyspraktyke vanuit ‘n Christelik-reformatoriese perspektief.

 


Foto kom hier

Mev Maritza Wilcocks

Kortkursuskoördineerder

maritza.wilcocks@aros.ac.za

Foto kom hier

Mev Maritza Wilcocks

Kortkursuskoördineerder

maritza.wilcocks@aros.ac.za