Terug na bo


1. Nagraadse Onderwyssertifikaat in Senior Fase en Verdere Onderwys en Opleiding (SAKO-nr. 110100)

Verbruikerswetenskappe

Beskik jy oor 'n graad en wil jy graag jou roeping as onderwyser uitleef?  NGOS is 'n nagraadse onderwyssertifikaat wat jou voorberei om vakkennis in jou vakgebied aan hoërskoolleerlinge oor te dra.  Aros bied vier NGOS-spesialiseringsrigtings aan, naamlik Tale, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Natuurwetenskappe asook Verbruikerswetenskappe.  As jy 'n passie vir die onderwys het, is hierdie rigting net vir jou!

Voornemende studente moet in besit wees van ʼn toepaslike NKR-vlak 6-diploma van 360 krediete of ’n NKR-vlak 7-baccalaureusgraad van 360 krediete, met die volgende vakkombinasies vir die aanbieding van twee onderrigmetodologieë, naamlik een Senior Fase-vak en een Verdere Onderwys en Opleidingsvak.

'n Spesialisering in die Senior Fase (toepaslike vakke op tweedejaarsvlak) en 'n Verdere Onderwys en Opleidingspesialisering (’n toepaslike hoofvak wat ten minste op tweedejaarsvlak op ’n NKR-vlak 7 voltooi is) word vereis. 

Indien Tale as hoofvakke in die VOO gekies word, is die voorvereiste dat dit tot op derdejaarsvlak (NKR-vlak 7) geslaag is.

Kwalifikasie-inligting

  • Minimumvoorvereiste: Baccalaureusgraad
  • NKR-vlak: 7
  • Minimum tydperk: 1 jaar
  • Verlengde program: 2 jaar

Metode van aanbieding

Hierdie kurrikulum word deur middel van ’n afstandsonderrigmodel aangebied, met 'n hoë vlak van aanlyn ondersteuning. Ondersteuning vind deurlopend deur middel van e-Klas (aanlyn) plaas.

Koste per jaar

  • Aansoekfooi: R250.00
  • Registrasie: R3 500.00 (eerste deposito betaalbaar in Januarie 2026)
  • Klasgeld: R48 610.00
  • Handboekkoste (ongeveer): R7 500.00

Beskikbare kurrikulums

O362P Verbruikerswetenskappe VOO - Verbruikerstudies, SF - Ekonomiese Bestuurswetenskappe

Spesifieke voorvereistes

VOO:  Verbruikerswetenskappe-graad of Huishoudkundegraad of Voeding en Gesinsekologie-graad

SF:     Rekeningkunde 2 of Ekonomie 2 of Besigheidsadministrasie 2 of ‘n bestuursmodule op tweedejaarsvlak

Vereistes vir studente met 'n Senior Sertifikaat (voor 2008)

Soos hier bo.

Onderwyspraktyk

Daar word van studente verwag om vir bepaalde tye praktiese ondervinding by skole op te doen.  Die praktiese tydperke sal bepaal word deur die student se keuse om die NGOS voltyds of deeltyds te voltooi.  Om aan die vereistes te voldoen, moet die student altesaam agt weke van praktiese onderwys voltooi.  Daar word aanbeveel dat ten minste vier van die agt weke se praktiese onderwys aaneenlopend voltooi word, met ‘n minimumvereiste van twee weke aaneenlopend. Dit is belangrik dat studente daarop let dat die agt weke van praktiese onderwys by ‘n hoërskool voltooi moet word. 

Kwalifikasie met onderskeiding

ʼn Student wat ‘n gemiddeld van 75% oor al die kern- en elektiewe modules behaal het, behaal die kwalifikasie met onderskeiding.

Vereistes vir Engels as taal van onderrig en leer

N.V.T. 

Programuitkomste

Na voltooiing van hierdie program, is dit Aros se verwagting dat ‘n gegradueerde oor die volgende kwaliteite en vaardighede sal beskik:

  • Pas behoorlike leierskap en innoverende praktyke toe binne die konteks van hul roeping en in die gemeenskap
  • Toon die vereiste kennis ten einde kinders met die toepaslike waardes, vaardighede en kennis toe te rus wat vir hul ontwikkelingsvlak geskik is
  • Toon bevoegdheid in die onderrig van leerders in die Senior Fase en in die Verdere Onderwys en Opleidingsonderrig
  • Beeld grondige en gespesialiseerde opvoedkundige en teoretiese vakkennis en vaardighede betroubaar en samehangend uit (aanbied en weergee) deur die gebruik van akademiese en professionele konvensies wat paslik is vir die kwalifikasie
  • Toon die vermoë om doeltreffend kennis in die klaskamer/skool/gemeenskap toe te pas
  • Pas basiese opvoedkundige navorsingsbeginsels toe en beoefen lewenslange leer
  • Toon die vermoë om verskillende inligtingsbronne te evalueer, inligting te kies wat geskik is vir take en goed ontwikkelde analise- en sinteseprosesse toe te pas
  • Toon die vermoë om prestasie aan die hand van bepaalde kriteria te evalueer
  • Toon die vermoë om doeltreffend in ‘n span te werk
  • Toon kennis van Christelike waardes

Kurrikulums

Kurrikulummodulelys

O362P Verbruikerswetenskappe VOO - Verbruikerstudies, SF - Ekonomiese Bestuurswetenskappe
O362P Verbruikerswetenskappe VOO - Verbruikerstudies, SF - Ekonomiese Bestuurswetenskappe (Voorbeeld van verlengde kurrikulum)
Kode Module NKR Krediete Tipe Voorvereiste 40% Geslaag Geregistreer of geslaag Uitkomste
O362P Jaar 1
Eerste kwartaal
ASSE511 Assessering in die Opvoedkunde 7 6 Kern Uitkomste
FILO521 Filosofie van die Opvoedkunde 7 8 Kern Uitkomste
PRAK531 Onderwyspraktyk 7 1 Kern Uitkomste
TECE511 Tegnologie in die Onderwys 7 10 Kern Uitkomste
Tweede kwartaal
EBWS511 Onderrig van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe vir die Senior Fase 5A 7 12 Elektief Uitkomste
PRAK531 Onderwyspraktyk 7 11 Kern Uitkomste
PREL511 Professionele Etiek, Onderwysreg, Onderwysbestuur en Onderwysstelsels 7 8 Kern Uitkomste
VERB511 Onderrig van Verbruikerstudie vir die Senior Fase 5A 7 12 Elektief Uitkomste
Derde kwartaal
EBWS521 Onderrig van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe vir die Senior Fase 5B 7 12 Elektief Uitkomste
OPVS511 Opvoedkundige Sielkunde 7 10 Kern Uitkomste
PRAK531 Onderwyspraktyk 7 11 Kern Uitkomste
VERB521 Onderrig van Verbruikerstudie vir die Senior Fase 5B 7 12 Elektief Uitkomste
Vierde kwartaal
BYBK511 Bybelkunde 7 8 Kern Uitkomste
EDTS521 Professionele Studie en Kurrikulumstudie 7 8 Kern Uitkomste
LOND521 Leerondersteuning 7 10 Kern OPVS511 PRAK531 Uitkomste
PRAK531 Onderwyspraktyk 7 1 Kern Uitkomste
O362P Jaar 1 totale krediete 140
O362P O362P totale krediete 140
Kode Module NKR Krediete Tipe Voorvereiste 40% Geslaag Geregistreer of geslaag Uitkomste
Verlengde kurrikulum Jaar 1
Eerste kwartaal
ASSE511 Assessering in die Opvoedkunde 7 6 Kern Uitkomste
FILO521 Filosofie van die Opvoedkunde 7 8 Kern Uitkomste
PRAK531 Onderwyspraktyk 7 1 Kern Uitkomste
Tweede kwartaal
EBWS511 Onderrig van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe vir die Senior Fase 5A 7 12 Elektief Uitkomste
PRAK531 Onderwyspraktyk 7 11 Kern Uitkomste
PREL511 Professionele Etiek, Onderwysreg, Onderwysbestuur en Onderwysstelsels 7 8 Kern Uitkomste
Derde kwartaal
EBWS521 Onderrig van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe vir die Senior Fase 5B 7 12 Elektief Uitkomste
OPVS511 Opvoedkundige Sielkunde 7 10 Kern Uitkomste
PRAK531 Onderwyspraktyk 7 11 Kern Uitkomste
Vierde kwartaal
BYBK511 Bybelkunde 7 8 Kern Uitkomste
EDTS521 Professionele Studie en Kurrikulumstudie 7 8 Kern Uitkomste
PRAK531 Onderwyspraktyk 7 1 Kern Uitkomste
Verlengde kurrikulum Jaar 1 totale krediete 96
Verlengde kurrikulum Jaar 2
Eerste kwartaal
TECE511 Tegnologie in die Onderwys 7 10 Kern Uitkomste
Tweede kwartaal
VERB511 Onderrig van Verbruikerstudie vir die Senior Fase 5A 7 12 Elektief Uitkomste
Derde kwartaal
VERB521 Onderrig van Verbruikerstudie vir die Senior Fase 5B 7 12 Elektief Uitkomste
Vierde kwartaal
LOND521 Leerondersteuning 7 10 Kern OPVS511 PRAK531 Uitkomste
Verlengde kurrikulum Jaar 2 totale krediete 44
Verlengde kurrikulum Verlengde kurrikulum totale krediete 140