Terug na bo


1. Diploma in Graad R-onderrig (SAKO-nr. 94833)

Die Diploma in Graad R-onderrig is nie 'n volwaardige onderwyskwalifikasie vir Grondslagfase-onderrig nie. Die kwalifikasie is spesifiek daarop gerig om persone wat nie aan die vereistes vir graadstudie voldoen nie 'n toegangsroete tot BEd in Grondslagfase te bied. Studente wat vir hierdie kwalifikasie wil inskryf, moet reeds 'n praktiserende graad R-assistent/onderwyser wees.

As deel van Grondslagfase-onderwys in Suid-Afrika is die Diploma in Graad R-onderrig spesifiek daarop gemik om onderwysers op te lei wat op die onderrig van graad R-leerders fokus . Praktykgebaseerde opleiding vorm die grondslag van hierdie kwalifikasie en dra daartoe by dat die student tot 'n professionele, kundige en roepingsgedrewe graad R-opvoeder ontwikkel.

Ná afloop van die suksesvolle voltooiing van die kwalifikasie sal studente die nodige leierskap aan die dag kan lê om innoverend te werk te gaan om leerders binne die spesifieke konteks van graad R te onderrig. Die opvoeder leer hoe om graad R-leerders toe te rus met die nodige waardes, vaardighede en kennis wat as noodsaaklike boustene vir formele onderrig binne die graad dien.

Kwalifikasie-inligting

  • Minimumvoorvereiste: Nasionale Senior Sertifikaat met diplomatoelating
  • NKR-vlak: 6
  • Minimum tydperk: 3 jaar

Metode van aanbieding

  • Die kurrikulum word deur middel van afstandsonderrig aangebied.  Die lesings word weekliks op e-Klas (Aros se amptelike aanlyn leerplatform) beskikbaar gestel.

  • Addisionele ondersteuning word deur middel van interaktiewe aanlyn sessies gebied. Tydens hierdie sessies kan u vrae aan dosente stel en verdere toeligting ontvang.  Die sessies word opgeneem en word later op e-Klas vir besigtiging beskikbaar gestel. 

  • Dosente en assistente is beskikbaar vir konsultasies via e-pos, aanlyn of op kampus.

  • Toetse en eksamens word aanlyn afgelê (Maandag tot Saterdag: tydens die dag of vroegaand). Datums en tye word vroegtydig gekommunikeer.

Beskikbare kurrikulums

Onderwyspraktyk

Onderwyspraktyk is die praktiese gedeelte van die kwalifikasie waar studente gedurende ‘n vasgestelde periode van praktiese onderwys in skole binne die Republiek van Suid-Afrika verrig. Die student word deur Aros-personeel by die skool gemonitor en geassesseer, soos wat die infrastruktuur van die betrokke departement dit toelaat. Aros het 'n lys van goedgekeurde skole wat aan die vereistes vir praktiese onderwys, volgens die riglyne van die regulatoriese liggame, voldoen. Studente mag skole voorstel wat nie op die lys is nie. Aros sal dan bepaal of die skole aan die riglyne van die regulatoriese liggame voldoen. Studente word in samewerking met Aros vir die periode van praktiese onderwys by 'n skool geplaas.

Die volgende sertifikate is ‘n vereiste vir die suksesvolle verwerwing van die volgende praktiese modules: OPRA121, OPRA231 en OPRA331. Studente sal ’n bewys moet lewer van hierdie sertifikate wat behaal is alvorens die module geslaag kan word.

OPRA121

Geen

OPRA232

Kultuursertifikaat

OPRA332

Noodhulpsertifikaat (vlak 1)

Kwalifikasie met onderskeiding

ʼn Student wat ‘n gemiddeld van 75% oor al die modules van die kurrikulum behaal het, behaal die kwalifikasie met onderskeiding.

ʼn Student wat vanaf ‘n ander tersiêre instelling na Aros oorgeskakel het, moet ten minste 50% van hierdie kurrikulum geslaag het, insluitende RELS111, BYBK121, BYBK211, BYBK221 en BYBK311 of WBSL111, OTOB121, OTOB211, NTOB221 en NTOB311. Om die kwalifikasie met onderskeiding (cum laude) te verwerf, moes die student ‘n gemiddeld van 75% oor al die modules behaal het.

Vereistes vir Engels as taal van onderrig en leer

O150P: 70% of meer vir [ENAT311 + ENGA321] / 2

O151P: 70% of meer vir [ENAT211 + ENGA321] / 2

Kurrikulums

Kurrikulummodulelys

O151P
Kode Module NKR Krediete Tipe Voorvereiste 40% Geslaag Geregistreer of geslaag Uitkomste
O151P Jaar 1
Eerste kwartaal
INRV113 Inleiding tot Rekenaarvaardighede 5 3 Fundamenteel https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=902&curriculumYear=2027
ONET111 Afrikaans Huistaal-onderrig 5 12 Elektief https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30910&curriculumYear=2027
WBSL112 Wêreldbeskouingsleer 5 6 Kern https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=654&curriculumYear=2027
Tweede kwartaal
AFRI121 Afrikaans 5 12 Fundamenteel https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=1&curriculumYear=2027
AFRL112 Afrikaans Lees 5 1 Fundamenteel https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=31020&curriculumYear=2027
DIDA113 Didaktiek 5 12 Kern https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30952&curriculumYear=2027
INRV113 Inleiding tot Rekenaarvaardighede 5 3 Fundamenteel https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=902&curriculumYear=2027
ONWR121 Wiskunde-onderrig: Graad R 5 12 Elektief https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30915&curriculumYear=2027
Derde kwartaal
AFRL112 Afrikaans Lees 5 1 Fundamenteel https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=31020&curriculumYear=2027
LEER114 Logiese, Kritiese en Analitiese Denke 5 12 Fundamenteel https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30921&curriculumYear=2027
LVLV121 Lewensvaardighede: Beweging en Uitvoerende Kunste 5 6 Elektief https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30944&curriculumYear=2027
OPRA121 Onderwyspraktyk 1 vir Graad R 5 12 Elektief https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=720&curriculumYear=2027
Vierde kwartaal
OPVS123 Opvoedkundige Sielkunde 1 6 12 Kern https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30956&curriculumYear=2027
ORIE111 Oriëntering tot Graad R-onderrig 5 12 Elektief https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=82&curriculumYear=2027
OTOB122 Bybelkunde-onderrig: Ou Testament 1 6 6 Kern https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=10902&curriculumYear=2027
OWIS121 Inleidende Wiskunde 5 12 Fundamenteel https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=83&curriculumYear=2027
O151P Jaar 1 totale krediete 134
O151P Jaar 2
Eerste kwartaal
GROM211 Gesondheid en Veiligheid in Graad R 5 12 Kern https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30911&curriculumYear=2027
LVKU211 Lewensvaardighede: Kuns 6 12 Elektief https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=49&curriculumYear=2027
TEOR211 Inleidende Teoretiese Raamwerk vir Graad R 5 12 Kern https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30912&curriculumYear=2027
Tweede kwartaal
OPRA232 Onderwyspraktyk 2 vir Graad R 6 12 Elektief OPRA121 ORIE111, LVKU211, ONET111, ONWR121, LVLV121 https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30941&curriculumYear=2027
OTOB212 Bybelkunde-onderrig: Ou Testament 2A 6 6 Kern https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=10909&curriculumYear=2027
PERS221 Perseptuele Vaardighede 6 12 Elektief https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30918&curriculumYear=2027
Derde kwartaal
LITT221 Kinderliteratuur vir Graad R 5 6 Elektief https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=429&curriculumYear=2027
NTOB222 Bybelkunde-onderrig: Nuwe Testament 2B 6 6 Kern https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=10903&curriculumYear=2027
OPRA232 Onderwyspraktyk 2 vir Graad R 6 12 Elektief OPRA121 ORIE111, LVKU211, ONET111, ONWR121, LVLV121 https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30941&curriculumYear=2027
SEPE223 Sepedi-kommunikasievlak 5 3 Fundamenteel https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30958&curriculumYear=2027
Vierde kwartaal
ENAT211 Engels Addisionele Taalonderrig in Graad R 6 6 Elektief https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30948&curriculumYear=2027
ONET221 Afrikaans Huistaalonderrig 2 5 12 Elektief https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30922&curriculumYear=2027
SEPE223 Sepedi-kommunikasievlak 5 3 Fundamenteel https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30958&curriculumYear=2027
O151P Jaar 2 totale krediete 114
O151P Jaar 3
Eerste kwartaal
LVLV311 Lewensvaardighede: Natuurwetenskappe, Sosiale Wetenskappe en Tegnologie 6 6 Elektief https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30917&curriculumYear=2027
OPRA332 Onderwyspraktyk 3 vir Graad R 6 12 Elektief ONET221, LVLV311, ONWR311 https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30942&curriculumYear=2027
OPVS311 Opvoedkundige Sielkunde 2 6 12 Kern https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=536&curriculumYear=2027
SBES321 Skoolbestuur 6 12 Kern https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30919&curriculumYear=2027
Tweede kwartaal
NTOB312 Bybelkunde-onderrig: Nuwe Testament 3 6 6 Kern https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=10904&curriculumYear=2027
ONWR311 Wiskunde-onderrig in Graad R 2 6 12 Elektief https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30916&curriculumYear=2027
OPRA332 Onderwyspraktyk 3 vir Graad R 6 12 Elektief ONET221, LVLV311, ONWR311 https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30942&curriculumYear=2027
Derde kwartaal
ASSR311 Assessering in Graad R 6 12 Kern https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=10&curriculumYear=2027
LVPS321 Lewensvaardighede: Persoonlike en Sosiale Welsyn 6 6 Elektief https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=651&curriculumYear=2027
OPRA332 Onderwyspraktyk 3 vir Graad R 6 12 Elektief ONET221, LVLV311, ONWR311 https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30942&curriculumYear=2027
Vierde kwartaal
ENGA321 Engels Addisionele Taal 6 12 Fundamenteel https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=19&curriculumYear=2027
KIND311 Vroeëkinderjare-ontwikkeling 6 6 Elektief https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=30943&curriculumYear=2027
LOND321 Leerondersteuning 6 12 Kern https://aros.ac.za/Module/ModuleOutcomeIndex?module_Id=437&curriculumYear=2027
O151P Jaar 3 totale krediete 132
O151P O151P totale krediete 380