2018 lê op sy rug. Nog net die eksamen keer dat die studente aan die Desembervakansie kan begin dink. Die eerste geleentheid is van 25 Oktober tot 15 November. Die siekte eksamen begin op 29 November en eindig op 7 Desember.


Verwikkelinge in hoër onderwys

Lees die oorspronklike artikel op Maroela Media

Die stand van hoër onderwys het die afgelope paar jaar dramaties verander. Die effek van die veranderinge, het reeds al hierdie jaar sigbaar geword.


110 uitnemende onderwysers toegevoeg tot Suid Afrikaanse skolestelsel

In ‘n tydperk waar die gehalte van onderwys in Suid Afrika baie sterk onder die vergrootglas kom, het Aros tydens hul jaarlikse gradeplegtigheid op Woensdagaand 14 Maart nog 110 onderwysspesialiste tot die Suid Afrikaanse onderwysstelsel bygedra.


Aros verwelkom meer as 1000 onderwysstudente in 2018

Met meer as 430 nuwe eerstejaars wat verwelkom is tydens Aros se amptelike Akademiese opening, het die getal studente wat in 2018 aan hierdie unieke privaat Christelike Hoër Onderwysinstelling studeer, tot meer as ‘n duisend-eenhonderd (1100) studente toegeneem.


Onderwys in jou bloed – maar watter fase?

Hoe weet jy onderwys is jou roeping? Hoe besluit ek watter fase sal my pas? Grondslagfase, Intermediêrefase of Senior en VOO? Hoe berei onderwysers leerlinge voor vir na-skoolse loopbane?


Wêreldklas kwaliteit onderrig by Aros

Met ‘n duisend ingeskrewe onderwys studente in 2017, kompeteer Aros nou in dieselfde klas as Suid-Afrika se beste Afrikaanse opvoedkunde universiteite. Aros se strewe is egter nie om homself net te vergelyk met Suid-Afrikaanse universiteite nie, maar om internasionaal sy merk te maak.


Aros Opedag 20 Oktober

Aros se Opedag besprekings vir Saterdag 20 Oktober 2018 is reeds gesluit. Indien jy nog wel die kampus wil besoek, maak gerus ‘n afspraak met Jaco Pretorius by e-pos jaco.pretorius@aros.ac.za of Talita Lofthouse by e-pos talita.lofthouse@aros.ac.za vir ‘n kampus toer op ‘n geleë tyd.


Aros is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as 'n private hoër onderwysinstelling geregistreer
kragtens die wet op Hoër Onderwys, 1997. Registrasienr: 2012/HE08/001.