Terug na bo


Studentelewe

Studentelewe:  Aros het 'n eiesoortige studentelewe aangesien ons 'n gekombineerde model gebruik.  Aros wil graag aan studente die geleentheid bied om vervulling en geluk in hul studentejare te beleef.  Elke student moet aan die einde van sy of haar studie kan sê:  "Dit is 'n fees om 'n Arrie te wees!"  Kontak Studentesake: maretha.lubbe@aros.ac.za

 


Studenteraad


Studenteraad

Studenteraad & Huiskomitee

Die Studenteraad dien as skakel tussen die studente en die bestuur van Aros.  Verder is die Studenteraad (SR) in samewerking met die Huiskomitee (HK) verantwoordelik vir die skep van ‘n dinamiese studentekultuur en -lewe op kampus.            

Die SR en HK het ten doel om studentelewe te vestig en te onderhou.  Verder is dit die SR en HK se verantwoordelikheid om die Aros-student se belange op kampus te bevorder.

Studenteraad 2023/2024: 

Carla Bronkhorst- voorsitter

Amorie Scheepers-ondervoorsitter

Ir-Marie Joubert-SR-lid

Ky-leigh Willemse -SR-lid

Micayla de Jong - SR-lid

 

Huiskomitee 2023 / 2024: 

 

  • Amécia Smit HK-Lid
  • Anchen Bezuidenhout HK-Lid
  • Ansunelle Burger HK-Lid
  • Carla Britz HK-Lid
  • Lee-Ann Botha HK-Lid
  • Leoné Goosen HK-Lid
  • Simoné Bezuidenhout HK-Lid
  • Talitha Theunissen HK-Lid

 

Studentelewe sluit onder andere in: 

  •  Aanlyn mentorskapsessies
  • Arrie-talentfees (kultuur)
  • Die Bordkryt (studentekoerant) 
  • Dinee
  • Eerstejaarskamp
  • Gemeenskapsprojek
  • Netbal
  • Hokkie 

                                                   


Studentesake

Aros se Studentesake-departement het ten doel om studente met hul ontwikkelingsproses te help.  Dit sluit die ontwikkeling van studente op ‘n geestelike, emosionele, akademiese en sosiale vlak in.   

Berader:

Die pastorale berader ondersteun studente geestelik en emosioneel  om studente sodoende vir die uitdagings van studentelewe toe te rus.  

Studente-ondersteuningskoördineerder: 

Die studenteondersteuningskoördineerder is betrokke by die ondersteuning, begeleiding  en ontwikkeling van studente op akademiese, emosionele en geestelike vlak.  Studente word nie net toegerus vir die klaskamer nie, maar ook vir die wêreld buite die klaskamer. Die studente-ondersteuningskoördineerder bied elke semester studiewerkwinkels aan wat fokus op die verbetering en ontwikkeling van studente. Temas sluit onder andere stres– en angshantering, eksamenvoorbereiding en nog vele meer in. Hindernisakkommodering vir studente word ook deur die studenteondersteuningskoördineerder hanteer.

Studentesake-afdelingshoof:

Die afdelingshoof is betrokke by die beplanning en bestuur van die departement in samewerking met die res van die span. Die afdelingshoof is dan ook die kontakpersoon wat alle kommunikasie met die Studenteraad en die Huiskomiteelede hanteer. Hulle skep saam 'n lekker en positiewe kampuslewe by Aros.

Dienste wat Studentesake lewer

  • studentelewe
  • akademiese steun
  • berading
  • portuurgroepondersteuning (klasverteenwoordigers)
  • werkwinkels


Beurse en lenings

Die volgende Aros-beurse is beskikbaar:

  • Leierskaps- en Kultuurbeurs
  • akademiese beurse

Let wel: Beurse word slegs op versoek toegeken. ’n CV en merietesertifikaat moet jou aansoek vergesel. Aansoeke, waarby ’n motiveringsbrief ingesluit is, kan na rekeninge@aros.ac.za gestuur word.