Terug na bo

WSKM421 module-uitkomste

Jaar Module-uitkomste Engelse uitkomste
2024

Ná die voltooiing van hierdie module sal studente

  • geïntegreerde kennis en begrip toon van die volgende: inhoud en struktuur van die Wiskundige Geletterdheidskurrikulum, die inrig en bestuur van die onderriglokaal, seleksie, evaluering en implementering van geskikte onderrig-en-leermateriaal, die vervaardiging en gebruik van hulpmiddels in klaskamers wat nie na behore toegerus is nie, die gebruik van tegnologie in die onderrig en leer van die module en inklusiwiteit en inheemse kennissisteme tydens die onderrig van Wiskunde; en ‘n grondige begrip toon van hoe hierdie kennis met ander aspekte van die metodiek van Wiskunde-onderrig verband hou;
  • die vermoë toon om ‘n verskeidenheid toepaslike ondersoekmetodes te selekteer, hul geskiktheid te evalueer en in ondersoeke binne die konteks van hierdie module toe te pas; en probleme kan oplos wat tot verbetering in die onderwyspraktyk kan lei, met inagneming van etiese waardes en optrede, asook die interaksie tussen wiskunde, tegnologie en die gemeenskap;
  • die vermoë toon om indiwidueel, of as deel van ‘n groep, ingewikkelde probleme wat verband hou met die inhoud van hierdie module te identifiseer, krities te ontleed en die hoof te bied deur geskikte metodes en/of teoriegefundeerde en opvoedkundige argumente te gebruik;
  • vaardighede toon tydens die insameling, prosessering en bestuur van inligting wat in hierdie module van toepassing is, insluitende die vermoë om die inligtingsbronne te bekragtig, die inligting te analiseer, te evalueer en te sintetiseer en hiermee saam ook die gevolgtrekkings in ‘n gegewe konteks te kan toepas;
  • die vermoë toon om eie idees en menings te ontwikkel, wat gegrond is op die resultate van opdragte of inligtingsoektogte en voorgestelde oplossings van lewenswerklike probleme;  en oor die vermoë beskik om hierdie idees en eie menings te kommunikeer in goed geformuleerde argumente deur toepaslike professionele en etiese beginsels en konvensies na te kom; en
  • die ingesteldheid en vermoë toon om volle verantwoordelikheid te neem vir eie leerbehoeftes, vordering van eie leer, besluitneming en implementering van relevante leerstrategieë en hulpbronne om die uitkomstes van hierdie module te bereik en soortgelyke verantwoordelikhede in groepsprosesse te demonstreer.

After completing this module, students should be able to

  • show an integrated knowledge and understanding of the following: the content and structure of the Mathematical Literacy curriculum, the arrangement and management of the teaching venue, the selection, evaluation and implementation of suitable teaching and learning material, the manufacturing and use of aids for under-equipped classrooms, the use of technology during the tuition and learning of the module, and inclusivity and indigenous knowledge systems when teaching Mathematics; and understand how this knowledge relates to other aspects of the methodology of Mathematics teaching;
  • show the ability to select various applicable investigation methods, evaluate their suitability and apply investigations in the context of this module; and solve problems that can lead to the improvement of teaching practice, taking into account ethical values and actions as well as the interaction between mathematics, technology, and the community;
  • show the ability to identify, analyse, evaluate critically, reflect on and address complex problems relating to the content of this module, individually or as part of a group, by using appropriate methods and/or theory-based and educational arguments;
  • show skills in the collection, processing and management of information applicable to this module, including the ability to confirm the information sources, analyse, evaluate, and synthesise the information and also apply the conclusions in a given context;
  • show the ability to develop own ideas and opinions based on the results of assignments or searches and proposed solutions to real-life problems; and communicate these ideas and opinions through well-formulated arguments by adhering to appropriate professional and ethical principles and conventions; and
  • have the mindset and ability to take full responsibility for own learning needs, the progress of own learning, decision-making, and the implementation of relevant learning strategies and resources to achieve the outcomes of this module and demonstrate similar responsibilities in group processes.