Terug na bo

WSKA321 module-uitkomste

Jaar Module-uitkomste Engelse uitkomste
2024

Ná die voltooiing van hierdie module sal studente

  • geïntegreerde kennis en begrip bevat van die definisies en verskillende voorstellings wat in Euklidiese meetkunde gebruik word ten opsigte van punte, lyne, sirkels, hoeke, driehoeke en vierhoeke sowel as terminologie, beginsels en tegnieke wat van toepassing is in Euklidiese en sferiese meetkunde;
  • oor die vermoë beskik om Euklidiese en sferiese meetkunde met mekaar te vergelyk deur van die resultate gebruik te maak wat in beide tipes meetkunde verkry word;
  • oor die vermoë beskik om indiwidueel, of as deel van ‘n groep, komplekse probleme wat met Euklidiese en sferiese meetkunde verband hou te identifiseer, te analiseer, te evalueer, krities daaroor te reflekteer en deur toepaslike beredenering op te los;
  • die vermoë toon om terminologie, beginsels, tegnieke en voorgestelde oplossings van lewenswerklike probleme wat met Euklidiese en sferiese meetkunde verband hou effektief in 'n goed geformuleerde argument te kommunikeer;
  • oor die vermoë beskik om tegnologiese hulpmiddels en wiskunde-toepassingsprogrammatuur aan te wend tydens die oplossing van meetkundeprobleme; en
  • oor die ingesteldheid en die vermoë beskik om algehele verantwoordelikheid te aanvaar vir eie leerbehoeftes, vordering van eie leer, besluitneming en die implementering van toepaslike leerstrategieë en hulpbronne om die uitkomstes van hierdie module te bereik.

After completing this module, students should be able to

  • possess integrated knowledge and comprehension of the definitions and different presentations being used in Euclidean geometry regarding points, lines, circles, angles, triangles, and tetragons as well as terminology, principles and techniques applicable to Euclidean and spherical geometry;
  • have the ability to compare Euclidean and spherical geometry with each other by using the results found in both types of geometry;
  • identify, analyse, evaluate, critically reflect on, and solve complex problems relating to Euclidean and spherical geometry through appropriate reasoning individually or as part of a group;
  • show the ability to communicate terminology, principles, techniques, and proposed solutions to real-life problems that relate to Euclidean and spherical geometry effectively in a well-formulated argument;
  • have the ability to apply technological aids and mathematical tools when solving mathematical problems; and
  • have the mindset and ability to take sole responsibility for own learning needs, the progress of own learning, decision-making, the implementation of relevant learning strategies, and resources to achieve the outcomes of this module.