Terug na bo

REKA421 module-uitkomste

Jaar Module-uitkomste Engelse uitkomste
2023

Ná die voltooiing van hierdie module sal studente

  • oor ’n geïntegreerde kennis en begrip beskik rondom die sleutelterme, konsepte, beginsels en prosedures wat verband hou met die finansiële verslagdoening van maatskappye; die vermoë demonstreer om hierdie kennis korrek te evalueer en toe te pas binne die konteks van die verskillende Rekeningkundevelde; en inligting in hierdie verband kan aanbied en openbaar op ’n samehangende en betroubare wyse in die regte formaat;
  • die vermoë toon om komplekse probleme rakende maatskappye te identifiseer, te analiseer, krities daaroor te reflekteer en aan te spreek deur praktykgebaseerde oplossings met teoretiese begronding vanuit die Maatskappywet en ander bronne aan te bied;
  • oor alle waardes, etiese optrede en regverdigbare besluitneming kan reflekteer, wat van toepassing is op die finansiële verslagdoening van maatskappye en die onderwysprofessie in die algemeen; en ‘n begrip hê van verskeie etiese kwessies wat met die module-inhoud verband hou; en
  • oor die vermoë beskik om ‘n groep in ‘n onbekende konteks te bestuur om onbekende en abstrakte probleme rakende maatskappye op te los; die vordering kan monitor van die groep; en verantwoordelikheid kan aanvaar vir die voldoening aan uitkomstes en die gepaste gebruik van toepaslike hulpbronne.

After completing this module, students should be able to

  • have integrated knowledge and an understanding of the key terms, concepts, principles, and procedures relevant to the financial reporting of companies; demonstrate the ability to correctly evaluate and apply this knowledge in the context of the various Accountancy fields; and present and reveal information in this regard coherently and reliably in the correct format;
  • show the ability to identify, analyse, critically reflect on, and address complex problems regarding companies by presenting practice-based solutions with a theoretical grounding in the Companies Act and other sources;
  • reflect on all values, ethical conduct, and justifiable decision-making that applies to financial reporting of companies and the teaching profession in general; and have an understanding of different ethical issues relating to module content; and
  • have the ability to manage a group in an unknown context to solve unknown and abstract problems regarding companies; monitor the group's progress; and accept responsibility for achieving outcomes and the appropriate use of appropriate resources.