Terug na bo

LWWA211 module-uitkomste

Jaar Module-uitkomste Engelse uitkomste
2023

Ná die voltooiing van die modules sal studente

  • ‘n gedetailleerde kennis toon van die hoofareas; ‘n gevorderde begrip toon van die wyse waarop sleutelterme, konsepte, feite, beginsels, reëls en teorieë van molekulêre biologie en genetika op onbekende maar relevante kontekste toegepas word en hierdie kennis in assessering tydens kontaksessies, semestertoetse en die eksamen kan weergee;
  • oor die vermoë beskik om toepaslike metodes, prosedures en tegnieke te evalueer, te selekteer en tydens praktikums van molekulêre biologie en genetika toe te pas, dit skriftelik en mondelings te kan weergee en dit ook tydens assessering van die praktikums te kan toepas;
  • verskillende inligtingsbronne kan evalueer en inligting selekteer oor mutasies; begrip kan demonstreer rondom die oorspronklike stoor van genetiese inligting en die lewensduur van die oorspronklike stoor van genetiese inligting; 'n begrip kan toon rondom die implikasies van die genetiese inligting se oorspronklike stoorproses op die herskepping van organismes wat al uitgesterf het; begrip demonstreer dat spesies moontlik kan ontstaan wat nog nooit voorheen bestaan het nie; en goed ontwikkelde prosesse van analise, sintese en evaluasie op die inligting kan toepas ten einde hierdie inligting betroubaar en samehangend voor te stel, skriftelik te kommunikeer en te beredeneer op e-Klas en in ‘n verslag te kan uiteensit;
  • oor die vermoë beskik om probleme binne 'n onbekende konteks te identifiseer, te analiseer en op te los deur bewyse in te samel en oplossings toe te pas, gebaseer op bewyse en prosedures wat  vir die veld van molekulêre biologie en genetika geskik is; en
  • oor die vermoë beskik om prestasies aan die hand van bepaalde kriteria te evalueer en hul eie taakspesifieke leerbehoeftes kan identifiseer; die leerbehoeftes van ander kan hanteer en hier ook ondersteuning verskaf waar dit sou nodig wees; en oor die vermoë beskik om die orde en doelgerigtheid van God se skepping te ondersoek en te verstaan en hierdie vermoë ontwikkel sodat dit tot voordeel van medestudente en personeel sal wees.

After completing this module, students should be able to

  • demonstrate a detailed knowledge of the main areas; show an advanced grasp of the main areas; show an advanced understanding of how key terminology, concepts, facts, principles, rules, and theories of molecular biology and genetics are applied to unknown but relevant contexts, and reproduce this knowledge in assessments during contact sessions, semester tests, and also the examination;
  • have the ability to evaluate, select and apply applicable methods, procedures, and techniques during practical sessions dealing with molecular biology; reproduce it verbally and also during an assessment of the practical sessions;
  • evaluate different sources of information and select information regarding mutations; demonstrate understanding regarding the original storing of genetic information and the lifespan of the original storing of genetic information; demonstrate understanding around the implications of the genetic storing process on the regeneration of organisms that have already become extinct; demonstrate an understanding that species, which have never existed before, may originate; and apply well-developed processes of analysis, synthesis, and evaluation regarding this information to represent this information reliably and coherently, communicate it in writing and argue it on e-Class, and explain it in a written report;
  • have the ability to identify, analyse and solve problems within an unknown context by collecting proof and applying solutions based on proof and procedures suitable for the molecular biology and genetics field; and
  • have the ability to evaluate achievements according to given criteria and identify their own task-specific learning needs; address the learning needs of others and provide support where necessary; and have the ability to investigate and understand the order and purposefulness of God’s creation and develop this ability to the benefit of fellow students and staff members.