2023
|
Ná die voltooiing van hierdie module sal studente
- kan aandui hoe die jong kind se wiskundedenke ontwikkel vanaf geboorte tot vier jaar;
- die invloed van die omgewing op die jong kind se ontdekking van wiskunde kan analiseer;
- die jong kind (geboorte tot vier jaar) se ontdekking van hoeveelheid en algebra kan bespreek en die invloed daarvan op die graad R-leerder se kennis en vaardighede van getalle en hoeveelheid kan verduidelik;
- die jong kind (geboorte tot vier jaar) se ontdekking van vorm en ruimte kan bespreek en die invloed daarvan op die graad R-leerder se kennis en vaardighede van getalle en hoeveelheid kan verduidelik;
- die jong kind (geboorte tot vier jaar) se ontdekking van metingskonsepte kan bespreek en die invloed daarvan op die graad R-leerder se kennis en vaardighede van getalle en hoeveelheid kan verduidelik;
- die rol van taalontwikkeling in die jong kind (geboorte tot graad R) se vorming van wiskundige denke kan analiseer; en
- die rol van speel kan analiseer ten opsigte van die wyse waarop die kind (geboorte tot 4 jaar) Wiskundekonsepte ontdek en die invloed daarvan op die ontwikkeling van die graad R-leerder se wiskundige denke kan verduidelik.
|
After completing this module, students should be able to
- show how the young child’s mathematical reasoning develops from birth to the age of four years;
- analyse the influence of the environment on the young child’s discovery of mathematics;
- discuss the young child’s (birth to four years) discovery of quantity and algebra and explain their influence on grade R learner’s knowledge and skills regarding numbers and quantity;
- discuss the young child’s (birth to four years) discovery of form and space and explain their influence on the grade R learner’s knowledge and skills regarding numbers and quantity;
- discuss the young child’s (birth to four years) discovery of measuring concepts and explain their influence on grade R learner’s knowledge and skills regarding numbers and quantity;
- analyse the role of language development in the young child’s (birth to four years) formation of mathematical reasoning; and
- analyse the role of play in terms of how the child (birth to four years) discovers mathematical concepts and explain their influence on the grade R learner’s development of mathematical reasoning.
|