Terug na bo

FWSV521 module-uitkomste

Jaar Module-uitkomste Engelse uitkomste
2024

Na voltooiing van hierdie module sal studente

  • geïntegreerde kennis en begrip van onafhanklike leer in Fisiese Wetenskappe, die toerusting en bestuur van klaskamers/ laboratoriums, die keuring, evaluering en implementering van gepaste leermateriaal, die vervaardiging en gebruik van onderrighulpmiddele in swak toegeruste klaskamers, die gebruik van tegnologie in die onderrig en leer van die vak, inklusiwiteit, inheemse kennisstelsels en etiek in die Fisiese Wetenskappe; en ʼn basiese begrip of hoe hierdie kennis verwante is aan ander aspekte van die onderrigmetodiek van die vak;
  • die vermoë om ʼn verskeidenheid toepaslike ondersoekmetodes te selekteer, om hul gepastheid te evalueer en hulle in ondersoeke binne die konteks van hierdie module toe te pas, en om probleme op te los wat kan lei tot verbetering in onderrigpraktyk, met inagneming van etiese waardes en aksies, en die wisselwerking tussen wetenskap, tegnologie en die gemeenskap;
  • die vermoë, as individu of as deel van ʼn groep, om komplekse probleme verwant aan die inhoud van hierdie module doeltreffend te identifiseer, krities te ontleed en aan te spreek met gebruik van gepaste metodes en/of teoriegebaseerde en opvoedkundige argumente;
  • vaardighede met die versameling, verwerking en bestuur van inligting toepaslik vir hierdie module, insluitend die vermoë om die bronne te staaf, die inligting te ontleed, evalueer en sintetiseer, en om die resultate in ʼn gegewe konteks toe te pas;
  • die vermoë om eie idees en menings te ontwikkel gebaseer op die resultate van werkopdragte of inligtingsoektogte en voorgestelde oplossings van ware lewens- probleme, asook die vermoë om dit in goed geformuleerde argumente, en handhawing van die toepaslike professionele en etiese beginsels en konvensies te kommunikeer; en
  • die ingesteldheid en vermoë om volle verantwoordelikheid te neem vir eie leerbehoeftes, eie leervordering, besluitneming en die implementering van tersaaklike leerstrategieë en hulpbronne om die uitkomste van hierdie module te bereik, en ook ʼn soortgelyke verantwoordelikheid vir groepprosesse te demonstreer.

After completing this module, student should