Terug na bo

FWSV511 module-uitkomste

Jaar Module-uitkomste Engelse uitkomste
2024

Na voltooiing van hierdie module sal studente

  • Geïntegreerde kennis en begrip van die skep van ʼn leeromgewing wat onderrig en leer in Fisiese Wetenskappe, aktiewe leer, lesaanbieding, assessering, die ontwikkeling van probleemoplossingsvaardighede, praktiese werk en die onderrig en leer van teoretiese inhoud bevorder, met spesifieke aandag aan alternatiewe konsepte, asook die hantering van groot groepaanbiedings en van samewerkende kleingroepe in Fisiese Wetenskappe, insluitend die vermoë om die spesifieke konsepte en beginsels in die praktyk toe te pas; en ʼn grondige begrip van hoe hierdie kennis verwant is aan ander aspekte van metodiek in Fisiese Wetenskappe-onderrig;
  • die vermoë om ʼn verskeidenheid ondersoekmetodes te selekteer, om hul gepastheid te evalueer, en om dit in ondersoeke verwant aan die konsepte en beginsels bespreek in hierdie module toe te pas, asook die oplossing van tersaaklike probleme wat kan uitloop op die verbetering van onderrigpraktyk;
  • die vermoë om, as individu of as lid van ʼn groep, komplekse probleme verwant aan die inhoud van hierdie module te identifiseer, ontleed, evalueer, krities oor te besin en aan te spreek deur die gebruik van gepaste metodes en/of teoriegebaseerde en opvoedkundige argumente.
  • Vaardighede met die versameling, verwerking en bestuur van inligting toepaslik vir hierdie module, insluitend die vermoë om die bronne te staaf, die inligting te ontleed, evalueer en sintetiseer; en om die resultate in ʼn gegewe konteks toe te pas;
  • die vermoë om die resultate van werkopdragte of inligtingsoektogte en voorgestelde oplossings van ware lewensprobleme, asook resultate en eie menings, in goed geformuleerde argumente, met inagneming van die konvensies van intellektuele eiendom, kopiereg en plagiaat te kommunikeer; en
  • die ingesteldheid en vermoë om volle verantwoordelikheid te neem vir eie leerbehoeftes, vordering in eie leer, besluitneming en die implementering van tersaaklike leerstrategieë en hulpbronne om die uitkomste van hierdie module te bereik, en om ook ʼn soortgelyke verantwoordelikheid vir groepprosesse te aanvaar.

After completing this module, students should

  •