Terug na bo

IKLO611 module-uitkomste

Jaar Module-uitkomste Engelse uitkomste
2024

Ná die voltooiing van hierdie module sal studente

  • die geskiedenis van leerondersteuning in Suid-Afrika oorsigtelik kan analiseer en bespreek en ook die rol van Witskrif 6 in die implementering en beoefening van inklusiewe onderrig in Suid-Afrikaanse skole kan analiseer;
  • insluiting as konsep kan verduidelik en krities kan analiseer, asook die ontwikkeling en implikasies van inklusiewe onderrig in Suid-Afrika deur ’n reeks teorieë te gebruik, insluitend Bronfenbrenner se bio-ekologiese teorie;
  • hindernisvrye onderwys in Suid-Afrika as konsep kan verduidelik, met inagneming van die Grondwet, die Skolewet en ander wetgewing, asook etiek, norme en waardes;
  • sosio-ekonomiese faktore kan identifiseer en verduidelik wat tot hindernisse in ontwikkeling en leer mag lei; begrip kan toon van hierdie faktore se impak op die ontwikkeling, leer en onderrig van die Suid-Afrikaanse leerder; en die korrekte strategieë kan implementeer om die effek van die sosio-ekonomiese leerhindernisse teë te werk;
  • die assesserings- en leerondersteuningsproses kan analiseer en toepas ooreenkomstig die "SIAS"-beleid ( Siftings-, Identifikasie-, Assesserings-, en Ondersteuningsbeleid) en ook die voorgeskrewe prosedures kan toepas, wat ’n holistiese begrip van die leerder se ondersteuningsbehoeftes sal bied;
  • die voorsiening van leerderondersteuning kan bespreek en demonstreer binne die konteks van ’n inklusiewe onderwysstelsel en verskeie leerondersteuningstrategieë kan toepas om diverse leerders in die klaskamer te akkommodeer; en
  • ’n individuele ondersteuningsplan (IOP) vir leerders kan ontwerp wat leerhindernisse ervaar, gebaseer op ’n gegewe gevallestudie.

 

 

 

 

 

After completing this module, students should be able to

  • analyse and discuss an overview of the history of learning support in South Africa and also analyse the role of White Paper 6 in implementing and practising inclusive education in South African schools;
  • explain and critically analyse the concept of inclusion as well as the development and implications of inclusive education in South Africa, using a range of theories, including Bronfenbrenner’s bio-ecological theory;
  • explain the concept of barrier-free education in South Africa, with due consideration of the Constitution, Schools Act, and other legislation, as well as ethics, morals and values;
  • identify and discuss the socio-economic factors that may lead to barriers in development and learning; demonstrate understanding of how these factors impact the development, learning and teaching of the South African learner; and implement the correct strategies to counteract the effect of socio-economic barriers to learning;
  • analyse and apply the assessment and learning support process according to the SIAS policy (Policy on Screening, Identification, Assessment and Support) and also apply the prescribed procedures, demonstrating a holistic understanding of a learner’s support needs;
  • discuss and demonstrate the provision of learning support in the context of an inclusive education system and apply various learning support strategies to accommodate diverse learners in the classroom; and
  • design an individual support plan (ISP) for learners experiencing barriers to learning based on a given case study.