2025
|
Ná die voltooiing van hierdie module sal studente
- geïntegreerde kennis van semantiek kan toon en ’n begrip van sleutelkonsepte, terme en reëls van semantiek in Afrikaans demonstreer;
- kennis kan toon en verstaan hoe woordeskat ontwikkel word en maniere demonstreer om dit verder in die klaskamer uit te bou;
- leerders se woordeskat kan analiseer en intervensies in plek stel om hul woordeskat te ontwikkel;
- kennis van verskillende tipes kinder- en jeugliteratuur kan toon en dit ook verstaan, met die fokus op die keuse en gebruik van prenteboeke in die klaskamer;
- die waarde en doel van illustrasies in prenteboeke kan evalueer, byvoorbeeld kulturele voorstellings; en
- illustrasies in die klas kan gebruik om visuele geletterdheid te bevorder en leerders se begrip in Afrikaans op hierdie manier uit te bou.
|
After completing this module, students should be able to
- demonstrate integrated knowledge of semantics and understanding of key concepts, terms and rules of semantics in Afrikaans;
- display knowledge and understanding of how vocabulary is developed and demonstrate ways to expand it in the classroom;
- analyse the vocabulary of learners and apply interventions to develop their vocabulary;
- demonstrate knowledge and understanding of various types of children's and youth literature, focusing on picture books and their selection and use in the classroom;
- explain the value and goal of illustrations in picture books, for example, cultural depictions; and
- utilise illustrations in the classroom to improve visual literacy and expand the learners’ understanding of Afrikaans.
|