Terug na bo

Studentesake

Die doel van Studentesake by Aros  is om die studente in hul ontwikkelingsproses te begelei. Dit sluit die ontwikkeling van studente op ʼn geestelike, akademiese en sosiale vlak in. Studentesake se personeellede spits hulle daarop toe om die Aros-studente nie slegs te ondersteun nie, maar ook op hul pad na sukses te begelei.

Personeel van Studentesake:

Berader:

Die pastorale berader ondersteun studente op ʼn geestelike sowel as 'n emosionele vlak. Berading vind plaas in ʼn rustige en veilige omgewing en behels onder andere traumaberading, bemoediging, depressie, verhoudingsprobleme, ensovoorts. Berading vind per afspraak in Granaat plaas.

Die studenteondersteuningskoördineerder:

Die studenteondersteuningskoördineerder is betrokke by die ondersteuning, begeleiding en ontwikkeling van studente op akademiese, emosionele en geestelike vlak. Studente word nie net toegerus vir die klaskamer nie, maar ook vir die wêreld buite die klaskamer.

Die studenteondersteuningskoördineerder bied elke semester studiewerkwinkels aan wat fokus op die verbetering en ontwikkeling van studente. Temas sluit onder andere stres- en angshantering, eksamenvoorbereiding en nog vele meer in. Hindernis-akkommodering vir studente word ook deur die studente-ondersteuningskoördineerder hanteer. 

Bestuurder: Studentesake

Die bestuurder is betrokke by die beplanning en bestuur van Studentesake in samewerking met die res van die span. Die bestuurder is die primêre kontakpunt met die Studenteraad en die Huiskomiteelede. Saam skep hulle ʼn lekker en positiewe kampuslewe by Aros.

Studentesake werk nou saam met  Akademiese Steundienste.  (Sien Akademiese Steundienste vir verdere inligting.)  

Dienste van Studentesake:

·         Akademiese steun

·         Berading

·         Portuurgroepondersteuning (klasverteenwoordigers)

·         Werkwinkels

Studenteraad & huiskomitee:

Die Studenteraad dien as 'n skakel tussen die studente en  bestuur van Aros.  Die Studenteraad (SR) in samewerking met die Huiskomitee (HK) is verantwoordelik vir die skep van ʼn studentekultuur en studentelewe op kampus.  Verder is dit die SR en HK se verantwoordelikheid om die Aros-student se belange op kampus te bevorder.

Studentelewe sluit onder andere die volgende in: 

·         Netbal

·         Bergfietsry

·         Drama

·         Eerstejaarskamp

·         Lof- en prysaand

·         Verwysingswerkwinkels 

·         Jaarlikse dinee

 

 

Foto kom hier

Mej Maretha Lubbe

Bestuurder: Studentesake

maretha.lubbe@aros.ac.za

Foto kom hier

Mev Jeanine Heath

Studente-ondersteuningskoördineerder

jeanine.heath@aros.ac.za