Kampus Kuierdag: 26 Oktober 2019

Voornemende Arrie,

Kom beleef, kom ervaar, kom kuier...

Ons nooi jou en jou familie hartlik uit na die Aros Kampus Kuierdag, wat hierdie jaar plaasvind op Saterdag, 26 Oktober 2019. Jy is welkom om die oggend saam met ons op die Aros-kampus te geniet.

Jy kan kies tussen twee sessies:

  • 8:30 tot 10:30
  • 10:30 tot 12:30 

Tydens jou besoek kry jy nie net die geleentheid om vrae te vra en oor Aros en ons uitnemende Onderwyskwalifikasies nie, maar ook om Aros se Kampus eerstehands te besigtig, en selfs meer uit te vind oor studielenings en ook beursgeleenthede by Aros. Jou eenstop oplossing word afgesluit met die geleentheid om sommer op Kampus jou aanlyn aansoek te voltooi, jou dokumentasie aan te heg en jou aansoekgelde te betaal!

Dokumente wat  jou aansoek gaan versnel:

  • Gewaarmerkte afskrif van jou ID dokument
  • Gewaarmerkte afskrif van jou matrieksertifikaat / jou finale graad 11 sertifikaat indien jy tans graad 12 is.

Begin jou reis van persoonlike ontwikkeling en uitnemende, Skrifbegronde opleiding, deur jou plek te bespreek.

Ons sien daarna uit om jou hier by Aros te ontvang!

Dis 'n fees om 'n Arrie te wees... kom kuier saam!