Terug na bo

LWWA311 module-uitkomste

Jaar Module-uitkomste Engelse uitkomste
2023

Ná die voltooiing van die modules sal studente

  • oor ‘n gedetailleerde kennis beskik van die hoofareas; ‘n gevorderde begrip toon van die wyse waarop sleutelterme, konsepte, feite, beginsels, reëls en teorieë van die fisiologie en voortplanting van plante op onbekende maar relevante kontekste toegepas word; en hierdie kennis kan weergee in assessering tydens kontaksessies, semestertoetse en die eksamen;
  • oor die vermoë beskik om toepaslike metodes, prosedures en tegnieke te evalueer, te selekteer en toe te pas tydens praktikums van die fisiologie en die voortplanting van plante; en hierdie kennis skriftelik en mondelings tydens assessering van die praktikums kan weergee en toepas;
  • verskillende inligtingsbronne kan evalueer en inligting selekteer ten opsigte van die Magnoliophyta se sukses deur te verwys na die waarde van blomme as voortplantingstrukture; die inligting betroubaar en samehangend kan voorstel, dit skriftelik op e-Klas kan kommunikeer en beredeneer en dit in ‘n verslag kan uiteensit;
  • oor die vermoë beskik om probleme binne 'n onbekende konteks te identifiseer; analiseer en op te los deur bewyse in te samel en oplossings toe te pas gebaseer op geskikte bewyse en prosedures vir die veld van plantfisiologie en -voortplanting; en
  • prestasies volgens gegewe kriteria kan evalueer; hul taakspesifieke leerbehoeftes kan identifiseer en aanspreek; ondersteuning kan bied aan die leerbehoeftes van ander waar dit sou nodig wees; en lof aan God bewys vir sy voorsienigheid deur aan die mens en ander lewende organismes se energiebehoeftes te voorsien.

After completing this module, students should be able to

  • possess sound knowledge of the main areas; display advanced knowledge of how key terminology, concepts, facts, principles, rules, and theories of physiology and procreation of plants are applied to unknown but relevant contexts; and reproduce this knowledge in assessments during contact sessions, semester tests, and in the examination;
  • have the ability to evaluate, select, and apply relevant methods, procedures, and techniques during practical sessions of the physiology and procreation of plants; and reproduce this knowledge in writing and verbally during the assessment of practical sessions;
  • evaluate various sources of information and select information regarding the success of Magnoliophytes by referring to the value of flowers as procreational structures; present the information reliably and cohesively; and communicate and discuss it on e-Class and explain it in a report;
  • have the ability to identify, analyse, and solve problems within an unknown context and apply solutions based on proof and procedures suitable for the field of plant physiology and plant procreation; and
  • evaluate achievements in terms of given criteria, identify and address their task-specific learning needs and where necessary, give support for others’ learning needs; and praise God for providing in the energy needs of humankind and other living organisms.