Terug na bo

WTEG221 module-uitkomste

Jaar Module-uitkomste Engelse uitkomste
2023

Ná die voltooiing van hierdie module sal studente

  • ‘n gedetailleerde begrip kan demonstreer van en 'n gevorderde kennis toon oor: sleutelterme, konsepte, feite, beginsels, reëls en teorieë van die ontstaan en eienskappe van die heelal, sterre, die Melkwegstelsel en ons sonnestelsel en hierdie kennis in die onderrig en leer van Natuurwetenskappe en Tegnologie in die Intermediêre Fase tot graad 7 kan toepas;
  • toepaslike metodes, prosedures en tegnieke tydens praktikums kan evalueer, selekteer en toepas om die kennisafdeling “Planeet Aarde en die Ruimte” te ondersoek ten einde hierdie vaardighede aan skoolleerders te demonstreer;
  • verskillende inligtingsbronne kan evalueer en inligting selekteer oor alternatiewe konsepte en wanpersepsies tydens die leer en onderrig van Natuurwetenskappe en Tegnologie; en goed ontwikkelde analise-, sintese- en evaluasieprosesse op die inligting kan toepas ten einde hierdie inligting betroubaar en samehangend voor te stel;
  • prestasies volgens gegewe kriteria kan evalueer; en eie taakspesifieke leerbehoeftes kan identifiseer en aanspreek en ondersteuning aan die leerbehoeftes van ander kan bied waar dit nodig sou wees; en
  • ‘n begrip demonstreer van die grootsheid van God se skepping en die wyse waarop Hy dit onderhou; en insig kan toon in die verskillende interpretasies van Genesis 1 en 2 en hierdie begrip en insig in Natuurwetenskappe en Tegnologie-onderrig kan toepas.

After completing this module, students should be able to

  • demonstrate a detailed understanding and an advanced knowledge of critical concepts, facts, principles, rules and theories on the origin and characteristics of the universe, the stars, the Milky Way system and our solar system and apply this knowledge in the teaching and learning of Natural Sciences and Technology in the Intermediate Phase to grade 7;
  • evaluate, select and apply appropriate methods, procedures and techniques during practical classes to investigate the knowledge division “Planet Earth and Space” in order to demonstrate these skills to school learners;
  • evaluate various information sources and select information on alternative concepts and misconceptions in the learning and teaching of Natural Sciences and Technology; and apply well-developed processes of analysis, synthesis and evaluation on the information in order to present this information reliably and coherently;
  • evaluate performances according to given criteria; and identify and address own task-specific learning needs and be able to provide support regarding the learning needs of others where it may be necessary; and
  • demonstrate an understanding of the greatness of God’s creation and how He maintains it; show insight into the different interpretations of Genesis 1 and 2 and apply this understanding and insight into the teaching of Natural Sciences and Technology.