|
2027
|
Ná die voltooiing van die module sal studente
- die samestelling van materie – atome, ione en molekules – kan verduidelik en die periodieke tabel kan gebruik om elemente te identifiseer en te klassifiseer, tussen suiwer stowwe en mengsels kan onderskei en die deeltjiemodel van materie, insluitend faseveranderings, kan verduidelik;
- chemiese verbindings kan benoem, gebalanseerde chemiese vergelykings kan skryf en sure, basisse en neutrale stowwe kan verduidelik, insluitend die pH-skaal op graad 7-9 vlak;
- verskillende energievorme en verduidelik energie-omskakelings kan identifiseer en hitte-oordrag deur konduksie, konveksie en bestraling aan die hand van toepaslike alledaagse voorbeelde kan beskryf;
- begrip van kragte – tipes kragte, kontakkragte en niekontakkragte – kan demonstreer en Newton se bewegingswette en die konsep van druk in vloeistowwe en gasse kan verduidelik;
- statiese elektrisiteit, elektriese selle en basiese elektriese stroombane kan verduidelik en magnetisme, die eienskappe van magnete en die elektromagnetiese spektrum kan beskryf; en
- vanuit ’n reformatoriese perspektief kan motiveer dat die studie van materie en energie ’n ondersoek van God se skeppingsorde is en verantwoordelikheid in die omgaan met die fisiese wêreld in mondelinge en skriftelike assessering toon.
|
After completing this module, students should be able to:
- explain the composition of matter – atoms, ions and molecules – and use the periodic table to identify and classify elements, distinguish between pure substances and mixtures, and explain the particle model of matter, including phase changes;
- name chemical compounds, write balanced chemical equations, and explain acids, bases and neutral substances, including the pH scale at Grades 7–9 level;
- identify different forms of energy and explain energy transformations, and describe heat transfer through conduction, convection and radiation using appropriate everyday examples;
- demonstrate an understanding of forces – types of forces, contact forces and non-contact forces – and explain Newton’s laws of motion and the concept of pressure in liquids and gases;
- explain static electricity, electric cells and basic electrical circuits, and describe magnetism, the properties of magnets and the electromagnetic spectrum; and
- motivate, from a Reformational perspective, that the study of matter and energy is an exploration of God's created order, and demonstrate responsibility in engaging with the physical world through oral and written assessment.
|