Terug na bo

TITO211 module-uitkomste

Jaar Module-uitkomste Engelse uitkomste
2026

Ná die voltooiing van hierdie module sal studente

  • ‘n ingeligte begrip kan demonstreer van tegnologie, die waarde en uitdagings rakende integrasie van opvoedkundige tegnologie in die (taal)klaskamer, asook die veranderende rolle van die 21ste-eeuse leerder en onderwyser, insluitend die 21ste-eeuse vaardighede waaroor leerders moet beskik;
  • die vermoë toon om inligting oor digitale hulpmiddels te versamel ten einde ‘n omvattende oorsig te kan bied van huidige, relevante digitale hulpmiddels wat in die taalklaskamer gebruik kan word;
  • verskillende raamwerke vir die evaluering van digitale hulpmiddels en die gebruik daarvan binne die konteks van die taalonderrig kan beskryf, vergelyk en toepas;
  • die beginsels van vervlegte leer en die omgekeerde klaskamer as tegniek kan beskryf en toepas deur ‘n bestaande opvoedkundige video in ‘n omgekeerdeklaskamer-leerervaring te transformeer deur ‘n toepaslike steieringstegniek te gebruik;
  • ‘n ingeligte begrip kan demonstreer van pedagogiese beginsels en tegnologiese toepassings wat noodafstandonderwys doeltreffend ondersteun en oor die implikasies kan reflekteer vir assesseringspraktisyns sowel as vir leerderbetrokkenheid en keuses m.b.t. digitale gereedskap; en
  • oor die vermoë beskik om te demonstreer hoe digitaal gebaseerde opvoedkundige hulpbronne binne die taalklaskamer-konteks gebruik kan word.

After completing this module, students should be able to

  • demonstrate an informed understanding of technology, the value and challenges of integrating educational technology in the (language) classroom, as well as the changing roles of the 21st-century learner and teacher, including the 21st-century skills that learners need to possess;
  • demonstrate the ability to collect information about digital tools in order to provide a comprehensive overview of current, relevant digital tools that can be used in the language classroom;
  • describe, compare and apply different frameworks for evaluating digital tools and their use within the context of language teaching;
  • describe and apply the principles of blended learning and the flipped classroom as a technique by transforming an existing educational video into a flipped-classroom learning experience using an appropriate scaffolding technique;
  • demonstrate an informed understanding of pedagogical principles and technological applications that effectively support emergency remote teaching and reflect on the implications for assessment practices as well as for learner engagement and digital tools choices; and
  • demonstrate the ability to show how digitally based educational resources can be used within the context of the language classroom.