| 
                    2024
                 | 
                
                     Ná die voltooiing van hierdie module sal studente 
- die verskillende onderrigbenaderings met betrekking tot wetenskap en die omgewing kan vergelyk;
 
- ervarings kan organiseer ten einde die jong kind se kennis van die wêreld tesame met vaardighede en waardes met betrekking tot Natuurwetenskappe, Tegnologie en Sosiale Wetenskappe uit te brei;
 
- die kernbeginsels met die oog op die effektiewe onderrig van Natuurwetenskappe, Tegnologie en Sosiale Wetenskappe kan analiseer;
 
- die wetenskaplike metode kan lys, verduidelik en implementeer;
 
- die tegnologiese ontwerpprosesse kan analiseer, toepas, beplan en verduidelik; en
 
- lesse kan ontwerp aan die hand van die Nasionale Kurrikulumverklaring (of die dokument waarmee dit vervang gaan word) se vereistes.
 
 
  
  
                 | 
                
                     After completing this module, students should be able to 
- compare the different teaching approaches regarding science and the environment;
 
- organises experiences in order to expand the young child’s knowledge of the world as well as skills and values regarding Natural Science, Technology, and Social Sciences;
 
- analyse the key principles to teach Natural Sciences, Technology, and Social Science effectively;
 
- list, clarify, plan and implement the scientific method;
 
- analyse, apply, adapt, plan and clarify the technological design process; and
 
- design lessons according to the requirements of the National Curriculum Statement (or its replacement).
 
 
                 |