Terug na bo


1. Nagraadse Onderwyssertifikaat in Senior Fase en Verdere Onderwys en Opleiding (SAKO-nr. 110100)

Ekonomiese%20en%20Bestuurswetenskappe

Beskik jy oor 'n graad en wil jy graag jou roeping as onderwyser uitleef?  NGOS is 'n nagraadse onderwyssertifikaat wat jou voorberei om vakkennis in jou vakgebied aan hoërskoolleerlinge oor te dra.  Aros bied drie NGOS-spesialiseringsrigtings aan, naamlik Tale, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, asook Natuurwetenskappe.  As jy 'n passie vir die onderwys het, is hierdie rigting net vir jou!

Voornemende studente moet in besit wees van ʼn toepaslike NKR-vlak 6-diploma van 360 krediete of ’n NKR-vlak 7-baccalaureusgraad van 360 krediete, met die volgende vakkombinasies vir die aanbieding van twee onderrigmetodologieë, naamlik een Senior Fase-vak en een Verdere Onderwys en Opleidingsvak.

'n Spesialisering in die Senior Fase (toepaslike vakke op tweedejaarsvlak) en 'n Verdere Onderwys en Opleidingspesialisering (’n toepaslike hoofvak wat ten minste op tweedejaarsvlak op ’n NKR-vlak 7 voltooi is) word vereis. 

Indien Tale as hoofvakke in die VOO gekies word, is die voorvereiste dat dit tot op derdejaarsvlak (NKR-vlak 7) geslaag is.

Kwalifikasie-inligting

  • Minimumvoorvereiste: Baccalaureusgraad
  • NKR-vlak: 7
  • Minimum tydperk: 1 jaar

Metode van aanbieding

Hierdie kurrikulum word deur middel van ’n afstandsonderrigmodel aangebied, met 'n hoë vlak van aanlyn ondersteuning. Ondersteuning vind deurlopend deur middel van e-Klas (aanlyn) plaas.

Koste per jaar

  • Aansoekfooi: R250.00
  • Registrasie: R3 500.00 (eerste deposito betaalbaar in Januarie 2024)
  • Klasgeld: R45 870.00
  • Handboekkoste (ongeveer): R7 000.00

Beskikbare kurrikulums

O352P Ekonomiese en Bestuurswetenskappe VOO - Rekeningkunde, SF - Ekonomiese Bestuurswetenskappe

Spesifieke voorvereistes

VOO: Rekeningkunde 2 of  
Finansiële bestuur 2 en
Rekeningkunde 1

SF:  Rekeningkunde 2 of Ekonomie 2 of Besigheidsbestuur 2 of Besigheidsadministrasie 2

Vereistes vir studente met 'n Senior Sertifikaat (voor 2008)

Soos hier bo.

Onderwyspraktyk

Daar word van studente verwag om vir bepaalde tye praktiese ondervinding by skole op te doen.  Die praktiese tydperke sal bepaal word deur die student se keuse om die NGOS voltyds of deeltyds te voltooi.  Om aan die vereistes te voldoen, moet die student altesaam agt weke van praktiese onderwys voltooi.  Daar word aanbeveel dat ten minste vier van die agt weke se praktiese onderwys aaneenlopend voltooi word, met ‘n minimumvereiste van twee weke aaneenlopend. Dit is belangrik dat studente daarop let dat die agt weke prakties by ‘n hoërskool voltooi moet word. 

Kwalifikasie met onderskeiding

ʼn Student wat ‘n gemiddeld van 75% oor al die kern- en elektiewe modules behaal het, behaal die kwalifikasie met onderskeiding.

Vereistes vir Engels as taal van onderrig en leer

N.V.T. 

Kurrikulums

Kurrikulummodulelys

O352P Ekonomiese en Bestuurswetenskappe VOO - Rekeningkunde, SF - Ekonomiese Bestuurswetenskappe
Kode Module NKR Krediete Tipe Voorvereiste 40% Geslaag Geregistreer of geslaag Uitkomste
O352P Jaarvlak 1
Eerste kwartaal
ASSE511 Assessering in die Opvoedkunde 7 6 Kern Uitkomste
PREL511 Professionele Etiek, Onderwysreg, Onderwysbestuur en Onderwysstelsels 7 8 Kern Uitkomste
TECE511 Tegnologie in die Onderwys 7 10 Kern Uitkomste
Tweede kwartaal
BYBK511 Bybelkunde 7 8 Kern Uitkomste
EBWS511 Onderrig van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe vir die Senior Fase 5A 7 12 Elektief Uitkomste
PRAK531 Onderwyspraktyk 7 12 Kern Uitkomste
REKV511 Onderrig van Rekeningkunde vir Verdere Onderwys en Opleiding 5A 7 12 Elektief Uitkomste
Derde kwartaal
EBWS521 Onderrig van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe vir die Senior Fase 5B 7 12 Elektief Uitkomste
OPVS511 Opvoedkundige Sielkunde 7 10 Kern Uitkomste
PRAK531 Onderwyspraktyk 7 12 Kern Uitkomste
REKV521 Onderrig van Rekeningkunde vir Verdere Onderwys en Opleiding 5B 7 12 Elektief Uitkomste
Vierde kwartaal
EDTS521 Professionele Studies en Kurrikulumstudies 7 8 Kern Uitkomste
FILO521 Filosofie van die Opvoedkunde 7 8 Kern Uitkomste
LOND521 Leerondersteuning 7 10 Kern OPVS511 PRAK531 Uitkomste
O352P Jaarvlak 1 totale krediete 140
O352P O352P totale krediete 140