Skoolinligting

Indien jy nie 'n Senior Sertifikaat of 'n Nasionale Senior Sertifikaat het nie, maar byvoorbeeld 'n GED- of Cambridge-kwalifikasie, stuur jou kwalifikasie-bewys na aansoeke@aros.ac.za vir terugvoer.
  • Toelating word gegee op grond van die voornemende student se matriekuitslae en naskoolse kwalifikasies.
  • Voorlopige toelating word gegee vir die voornemende student wat nog nie gematrikuleer het nie, op grond van die finale graad 11-rapport.

* Neem kennis dat 'n Nasionale Senior Sertifikaat met baccalaureusgraadtoelating 'n vereiste is vir die BEd-programme